Get Newsletter

Maties steeds bo; maar Pukke waarsku

Die Maties het hul onoorwonne status behou in die 2010 FNB Varsitybeker-reeks, aangebied deur Steinhoff International, deur die weerbarstige UK se Ikeys naelskraap met 23-17 in ‘n klassieke ontmoeting op die Danie Craven-stadion Maandagaand te klop.

Voor ‘n volgepakte stadion het die FNB Maties ‘n vroeë voorsprong opgebou, net om toe te sien hoe hul Wes-Kaapse teenstanders met ‘n sterk terugvegpoging in tweede helfte vorendag kom – wat die span van Stellenbosch gedwing het om sterk wal te gooi teen die einde toe die Ikey Tigers alles probeer het om die wenpunte te behaal.

Die uitslag het die Maties in ‘n onaanvegbare posisie b-aan die Varsitybeker-punteleer geplaas – agt punte voor hul naaste teenstanders.

Daardie teenstanders is die span van Potchefstroom, FNB Puk, wat ‘n duidelike boodskap aan die ander spane gestuur het toe hulle die span van TUT in Potchefstroom met 51-17 afgeransel het.

Die bonuspunt-oorwinning het aan die manne van Potchefstroom ‘n plek in die halfeindstryd verseker, maar hulle weet dat die magtige Maties nog wag.

Die held van Maandagaand se vertoning in Potchefstroom was die plaasvervanger-slot Francois Robbertse, wat die gereelde kaptein Dirco Rautenbach vervang het en op die koop toe ‘n driekuns drieë behaal het.

Hoewel Maties nie meer uit die eerste plek op die punteleer gelig kan word nie, is daar steeds heelwat om voor te speel wanneer die laaste ligawedstryde aanstaande Maandag plaasvind.

Pukke speel gasheer wanner Maties in Potchefstroom besoek aflê, met die Pukke wat besef dat ‘n nederlaag teen die Stellenbosch studente die voordeur vir UK gaan oopmaak om verby hulle op die punteleer te skuif en dan tuisveld-voordeel in die halfeindwedstryd te verkry.

Die UK se Ikey Tigers speel gasheer vir Tukkies in Kaapstad, nog ‘n wedstryd wat ‘n moet-wen situasie in die laaste week van liga-aksie is.

Maar die mees belangrike wedstryd van aanstaande Maandag is dié tussen die FNB Shimlas en FNB UJ, wat in Shimlapark in Bloemfontein gaan plaasvind. Die twee spanne speek letterlik sake uit vir die laaste plek in die halfeindwedstryd.

Die span van Johannesburg en hul eweknie van Bloemfontein is tans albei op 18 punte – twee agter die UK in die derde plek – wat beteken dat dit neuse verby sal wees vir die verloorder, tensy die Ikeys met 50 punte of meer verloor en die verloorder in Bloem twee bonuspunte insamel.

Dis moontlik, maar gewis hoogs-onwaarskynlik, wat dit ‘n maak-of-breek stryd in Bloemfontein maak.

Die uitslag in die wedstryd tussen UJ en NMMU was nooit in gedrang nie. Die groot vraag was net hoe vêr UJ sou wen. Op die ou einde het die Johannesburgse studente ‘n rekord-oorwinning van 97-14 behaal teen die span van Port Elizabeth.

Behalwe vir al die rekords wat hulle verbeter het, het die span van UJ verseker dat huklle lot – in terme van die uitspeelwedstryde – nou in ghul eie hande is wanneer huikle na Bloem reis aanstaande Maandag.

Net vir die wis-en-onwis: Die oorwinning van 83 punte is die grootste nog in Varsitybeker-geskiedenuis, met die vorige beste die 62 punte waarmee Maties vir TUT vroeër vanjaar afgeransel het; terwyl die 97 punte van UJ die meeste nog is wat deur span aangeteken is in een wedstryd, met Shimlas wat laasjaar 78 teen TUT behaal het. Die 14 drieë deur UJ is ook ‘n rekord.

Vir FNB UJ het die woelige haker Edgar Marutlulle ‘n driekuns in die eerste helfte behaal – terwyl die vleuel Lola Waka, die heelagter Aubrey McDonald en die plaasvervanger-losskakel André Smith almal twee keer agter die doellyn gaan kuier het. Smit het ook met sewe doelskoppe in die tweede helfte geslaag, om sy bydrae op 24 te laat staan.

Tuks het gewis ‘n baie duur prys vir hul foute betaal, met Shimlas watmunt geslaan het uit die Pretoria studenmte se onbeholpeneid by die LC de Villiers Stadion.

Die nederlaag het Tukkies se drome vir ‘n plek in die uitspeelwedstryd verydel, terwyl Shimlas en UJ nou sake gaan uitspook vir die laaste plek in die halfeindwedstryde.

Click HERE for the English version of this wrap!

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment