Get Newsletter

Oud-Bok help Shimla-skoppers

Skoppe wen wedstryde. En as jou stelskopper meer gereeld mis korrel as wat hy in die kol is, gaan jou span meer gereeld aan die verloorkant wees.

En die FNB Shimlas het dít teen Pukke in die derde ronde van die FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International ervaar toe hul heelagter George Whitehead vier relatief maklike strafdoele pale toe gemis het.

Whitehead is egter nie meer vir die Shimlas beskikbaar (hy speel vir Vrystaat se Vodacombekerspan), wat die Kovsie-afrigtingspan verlede week met ‘n kopseer gelaat het. Hulle het toe besluit om op die oud-Bok en skerpskutter, Braam van Straaten, se knoppie te druk om met die nuwe skelskopper (Reinhardt Erwee) te help.

Van Straaten (foto, saam met skrumskakel Gerrie Odendaal) het ‘n skop-akademie, kickinglegends.com, saam met Louis Koen en Vlok Cilliers gestig.

Nie net is daar die afgelope naweek aan doelskoppe geslyp nie, skepskoppe, lynskoppe sowel as taktiese skoppe is aandag aan gegee. Heelparty van die ander Kovsie-spanne se skoppers het ook aan die slypsessies deelgeneem.

Volgens Erwee het hy baie by Van Straaten wys geword.

“Ek tref die bal nou baie beter en het heelwat meer selfvertroue in my skopwerk. Wat ek veral uit die sessies wys geword het, is die belangrikheid van ‘n goeie balans wanneer jy aanlê pale toe.

“Jou ritme en balans speel ‘n baie belangrike rol sodat jy deur die bal skop,” het hy verduidelik aan varsitycup.co.za.

* Erwee is in ‘n laat verandering vir die wedstryd teen TUT Vikings na heelagter in die plek van Whitehead geskuif, met Jaco Colyn (skrumskakel) wat nou in die No.10-trui gaan uitdraf. Dis nie ‘n vreemde posisie vir hom nie deurdat hy in verlede jaar se reeks ook gereeld losskakel gespeel het.

Gerrie Odendaal is nou die nuwe skrumskakel.

Odendaal beskik oor ervaring op Curriebeker-vlak (vir die Valke, Vrystaat en Griffons) en sy insluiting kan dalk net die regte doepa wees vir hierdie belangrike wedstryd teen TUT, waar ‘n sege ononderhandelbaar is.

Marlin Ruiters is die skrumskakel reserwe op die Shimlas bank.
 
Die FNB Shimlas span (hersiene): 15 Reinhardt Erwee, 14 Divandré Strydom, 13 Earl Snyman, 12 Wayne Stevens (kaptein), 11 Beast Ndwandwa, 10 Jaco Colyn, 9 Gerrie Odendaal, 8 Boom Prinsloo, 7 Chris Dry, 6 Hanno Pieterse, 5 Wilken Heyns, 4 Joubert Horn, 3 Ian Potgieter, 2 Hans Grobler, 1 Charles Marais.
Plaasvervangers: 16 Gert Erasmus, 17 James Hellawell, 18 Lebo Zietsman, 19 Sybrand Mostert, 20 Marlin Ruiters, 21 Johan van Schalkwyk, 22 Rashied Isaacs, 23 Johnny Harris.

Hoofafrigter: Jaco Swanepoel

Datum: Maandag, 1 Maart
Plek: Shimlapark
Afskop: 6.30nm
Skeidsregter: Dilbert November

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment