Get Newsletter

Provinsiale spelers versterk Shimlas

Die Shimla-rugbyspan is aansienlik versterk vir Maandag se FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International wedstryd. Hulle pak, natuurlik, dan die tweemalige kampioen, Maties, in die Eikestad om 7.30nm.

Twee spelers, Jamba Ulengo (vleuel) en Marcel van der Merwe (stut), is terug van Frankryk waar hulle saam met die Suid-Afrikaanse o.20-span getoer het. Albei sal hulle debuut in die blou trui maak.

Die 19-jarige Van der Merwe, wat die skaal op 125kg laat kreun, toon baie belofte en daar word reeds na hom as die volgende Os du Randt verwys. Hy het in verlede jaar se eindstryd van die nasionale provinsiale o.19-kompetisie twee drieë gedruk en sy teenstanders gereeld ‘n skrum-les gegee.

Verder, is twee Vrystaat-spelers, Hans Grobler (haker) en Wilken Heyns (plaasvervanger-flank), ook in Shimlas se 23-tal gekies.

Grobler vervang PW van Vuuren op haker, terwyl Ulengo in die plek van Rashied Isaacs op vleuel gekies is. Op slot is Lebo Zietsman in die plek van die beseerde Henjo van Niekerk gekies en Charles Marais (losskop) en Ian Potgieter verruil posisies.

Jaco Swanepoel, Shimla-breier, sal baie bly wees dat  sy vuurwarm agtsteman, Boom Prinsloo, genoegsaam van sy besering herstel het en sy plek in die No.8-trui kan neem.

Sybrand Mostert, noormaalweg ‘n flank, het Prinsloo in die 51ste minuut teen Pukke vervang, maar hy was nie so suksesvol om die bal van agter die skrum op te pik nie.

Swanpoel is vinnig om toe te gee dat sy manne die underdog teen Maties is.

“Ons is definitief onder druk om teen hulle te seëvier. In my opinie het hulle die beste spelers van al die spanne in terme van kwaliteit,” het hy gesê.

“Maar al wat kan gebeur is dat ons ‘n verrassing kan lewer, want ons het niks om te verloor nie.”

Hy hoop dat sy spelers teen Maties hul kanse sal aangryp, anders as wat die geval teen Pukke was.

Om teen verlede jaar se finaliste direk ná mekaar te speel, is gewis nie ‘n maklike taak wat op Shimlas wag nie. Albie wedstryde is boonop weg van die huis.

Maar indien hulle in Stellenbosch kan seëvier sal hul weer in die prentjie vir ‘n plek in die halfeindrondekom.

Die FNB Shimlas span: 15 George Whitehead, 14 Divandré Strydom, 13 Earl Snyman, 12 Wayne Stevens (kaptein), 11 Jamba Ulengo, 10 Reinhardt Erwee, 9 Jaco Colyn, 8 Boom Prinsloo, 7 Willie Britz, 6 Hanno Pieterse, 5 Lebo Zietsman, 4 Joubert Horn, 3 Vaatjie Koorsen, 2 Hans Grobler, 1 Charles Marais.
Plaasvervangers: 16 PW van Vuuren, 17 Ian Potgieter, 18 Wilken Heyns, 19 Sybrand Mostert, 20 Marlin Ruiters, 21 Johan van Schalkwyk, 22 Beast Ndwandwa, 23 Marcel van der Merwe.
 
Hoofafrigter: Jaco Swanepoel
 
Datum: Maandag, Februarie 22
Plek: Danie Craven Stadion
Afskop: 7.30nm
Skeidsregter: François Veldsman

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment