Get Newsletter

Pukke kies gedugte senterpaar

Die terugkeer van die FNB Pukke se twee senters, Wouter Watermeyer (binnesenter) en Kempie Rautenbach (buitesenter) behoort die Potchefstroom strudente heelwat vir Maandag se FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International-wedstryd teen NMMU te versterk.

Rautenbach en Watermeyer sal die eerste maal vanjaar kombineer en hulle kan met ‘n goeie vertoning hul plekke in die Pukke middelveld bespreek.

Watermeyer was in puik vorm toe hy in die tweede ronde teen die Ikeys beseer is. Sy onttrekking was ‘n groot terugslag vir die Pukke.

Ruan Jacobs het egter nog nie op buitesenter oortuig nie en die ervare Rautenbach, wat lank met ‘n enkelbesering langs die kantlyn was, behoort met ‘n groot aanslag te kom op sy plek terug te wen.

Rudy Joubert, die span se afrigter, het heelwat ander spelers roteer vir Maandag. Hy sê die veranderinge is maar om almal speelkans te gee.

Op losskakel is Dauw Steyn in Niell Jacobs se plek gekies wat die naweek vir die Luiperds in die Vodacombeker in aksie is. Dit sal Steyn se eerste wedstryd in die beginspan van Pukke wees ná hy verlede jaart nog sy rugby in KwaZulu-Natal gespeel het.

Nog ‘n speler wat sy buiging maak is die agtsteman PJ van Zyl wat by Francois Robbertse (gebreekte duim) oorneem. Interessant genoeg, sal hy die vierde agsteman word wat die Pukke tot dusver in die reeks ingespan het.

Heelparty spelers wat verlede week op die plaasvervangerbank gesit het, vir Maandag se wedstryd gekies. Hulle is die regtervleuel Andrew van Wyk wat Dane Johnson vervang, Jan Rose (flank) wat ‘n kans in die beginspan bo Jaco Lötter kry, Dewald Coetzee (losskop stut) wat plekke met BG Uys ruil en BW van Dyk wat die eerste keer die seisoen op haker (in Stoffel Duvenage se plek) begin.

Johnson, Lötter, Uys en Duvenage is almal op die plaasvervangerbank gekies.

Nóg ‘n nuwe gesig op die bank is dié van die voorry Martin Dreyer wat Stefan Bezuidenhout (rugbesering) vervang.

Dreyer se vorige verskyning vir die Pukke was in verlede jaar in die eindstryd van die nasionale klubkampioenskap teen Hamilton’s toe hy ook op die plaasvervangerbank was.

Die FNB Pukke span: 15 Theuns Kotzé, 14 Andrew van Wyk, 13 Kempie Rautenbach, 12 Wouter Watermeyer, 11 Johannes Seerane, 10 Dauw Steyn, 9 Andries Mahoney, 8 PJ van Zyl, 7 Siya Mdaka, 6 Jan Rose, 5 Markus Fourie, 4 Dirco Rautenbach (kaptein), 3 Johan Coetzee, 2 BW van Dyk, 1 Dewald Coetzee.
Plaasvervangers: 16 Stoffel Duvenage, 17 BG Uys, 18 Edwin Hewitt, 19 Jaco Lötter, 20 Willem Barnard, 21 Wensley Scott, 22 Dane Johnson, 23 Martin Dreyer.

Hoofafrigter: Rudy Joubert

Datum: Maandag, 1 Maart
Plek: Xerox NMMU Stadion
Afskop: 6.30nm
Skeidsregter: Bongani Maloni

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment