{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Pukke 'peak' op regte tyd

Hoe om op die regte tyd jou beste vorm te bereik (te peak), is iets wat vir baie spanne steeds ‘n misterie en ‘n raaisel bly.

Vra maar vir die All Blacks wat die laaste drie wêreldbekers tussen-in gepeak het, maar nie wanneer dit saak gemaak het nie.

Dit lyk of die FNB Pukke daardie resep uitgevind het, want soos verlede jaar is hulle besig om baie goeie momentum op te bou kort voor die uitspeelwedstryde.

Hulle sege (51-17) in die FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International, teen TUT hierdie week, was klinies en net die regte doepa voor volgende Maandag se belangrike wedstryd teen Maties.

Indien Pukke hom kan deurtrek, sal hulle verseker wees van ‘n tuishalfeinstryd – iets wat hulle die vorige twee jare elke keer net-net ontwyk het.

Stoffel Duvenage, die nuwe Pukke kaptein, sê Maandag se goeie wen beteken baie vir die manne.

“Dit was ‘n swaar seisoen tot dusver. Maar ek dink die spelers is nou besig om mekaar te vind, wat baie gerusstellend voor die grote teen Maties (Maandag 4.30nm in Potchefstroom en op Supersport Een) is.

“Dit het die ouens se gemoed baie gelig en ek dink ons het nou ‘n baie goeie kans om die Maties te klop.”

Volgens Duvenage was dit ook verblydend dat daar minder foute as in die vorige weke was.

“Ek is trots op die spelers en ek weet Rudy (Joubert, afrigter) was ook in sy noppies. Ons kan nou hierop voortbou.

“Daar was egter nog geleenthede wat ons nie aangegryp het nie, maar dit raak darem nou elke week al hoe minder. Want dit bly maar frustrerend om ‘n klomp goeie dinge te doen en dit dan ongedaan te maak deur ‘n klein foutjie.

“Spanne wat hulle geleenthede aangryp is dié wat meestal wen,” het hy aan www.varsitycup.co.za gesê.

Pukke se nuwe leier sê die gemoed in die kamp is baie goed en die negatiewe energie van die vorige weke is nou uitgeskakel.

“Dit was maar spelers wat negatief oor hulle spel was – hulle het gevoel hulle het nie hul volle potensiaal bereik nie. En dat hulle tot beter in staat was, wat gemaak het dat die span ook nie na sy vermoë gespeel het nie.”

Duvenage het die span se dryfmaalbewegings as ‘n ander positiewe aspek van die Vikings-wedstryd uitgesonder.

Vyf van Pukke se drieë is van romaalbewegings gedruk. “Ja dis iets waaraan ons geskaaf het. Ons het verlede jaar baie drieë daardeur gedruk en dit lyk of ons nou weer vertroue daarin het,” het die kaptein gesê.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment