Get Newsletter

'Q&A' met Henjo van Niekerk

varsitycup.co.za praat met die groot Shimlas slot Henjo van Niekerk – ‘n reus in die lynstane vir die Vrystaters hierdie Varsitybeker seisoen.

Een van die Shimlas se probleme in verlede jaar se FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International was sy voorspelers wat nie altyd die pas kon opkom nie.

Maar sedertdien Henjo van Niekerk (2m en 120kg) hom vanaf Tukkies by die Vrystaters aangesluit het, gaan dit aansienlik beter.

Hy is nou ook Shimlas se grootste lynstaanbron.

Van Niekerk het Suid-Afrika al op junior vlak verteenwoordig, en het vir al die Blou Bulle se junior spanne uitgedraf.

varsitycup.co.za het die volgende vrae om hom gestel:
 
(1) Varsity Cup (VC): Hoekom het jy besluit om by Kovsies te kom speel/studeer?
Henjo van Niekerk (HVN): “Ek wou al baie lank Bloemfontein toe gekom het. Ek glo dis ‘n plek waar ‘n man vergoed word vir sy harde werk. Ek het my graad in Ekonomie by Tukkies voltooi en is nou besig om verder Regte te studeer.”

(2) VC: Is daar enigiemand anders in jou gesin of familie wat ook goed in rugby (of sport) is/was?
HVN: “My oupa was ‘n nasionale bokser, my pa (Alwyn) het provinsiale rugby vir die destydse Noord-Transvaal en Verre Noord gespeel. Ook my jonger broer is die voorste diskusgooier en gewigstoter in sy ouderdomsgroep in Suid-Afrika.”

(3) VC: Teen watter span in die Varsitybeker geniet jy die meeste om teen te speel en hoekom?
HVN: “Die Pukke. Hulle is altyd baie aggressief en fisies en ‘n goeie uitdaging vir enige pak voorspelers.”

(4) VC: Het jy enige byname en waar kom dit vandaan?
HVN: “Ek word ‘Klein Vic’ genoem. Seker omdat ek ook nie veel kuite het nie… (Verwysend na Victor Matfield.)”

(5) VC: Het jy enige rugby bygelowe?
HVN: “Vir elke reeks het ek iets nuuts. Vir die Varsitybeker groei ek my hare en dra ek ‘n bokbaardjie.”

(6) VC: Het jy ‘n persoonlike doelwit vir die Varsitybeker of vir die seisoen. En wat is daardie doel?
HVN: “Ja, ek wil elke wedstryd meer aggressief en fisies speel om uiteindelik die beste slot in die Varsitybeker-reeks te wees.”

(7) VC: Op watter aspekte van jou spel sal jy graag op wil verbeter?
HVN: “My verdediging en om meer doeltreffend by die afbreekpunte te wees.”

(8) VC: Wat is jou gunsteling rugbystadion in Suid-Afrika op in te speel?
HVN: “Nuweland. Die atmosfeer is ongelooflik, dit voel of die skare reg langs die veld is.”

(9) VC: Wat is die waardevolste rugby advies wat jy al gekry het?
HVN: “Victor Matfield wat gesê het ‘n rugbyspeler se grootste wapen is sy voorgevoel; so hou op dink en doen net.”

(10) VC: Wie was jou rugby held toe jy jonger was en het jy nou iemand na wie jy opkyk?
HVN: “Toe ek jonk was – John Eales, Johann Ackerman en Krynauw Otto. Nou – Simon Shaw van Engeland en die Springbok-slotpaar, Bakkies Botha en Victor Matfield.”

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment