Get Newsletter

'Q&A' met Theuns Kotze

Theuns Kotzé, puik heelagter van die Pukke, het Maandag teen Shimlas gewys hoekom hy as een van die vorm heelagters in die Varsitybeker beskou word.

Sy breekslag kort voor rustyd wat op SP Marias se drie uitgeloop het, was ‘n kritieke deel van die wedstryd.

‘Worsie’, soos hy genoem word, het interessant genoeg eers ‘n jaar gelede na heelagter geskuif na hy vroeër op skrumskakel uitgedraf het. Sy stelskopwerk was tot dusver een van sy sterkpunte en met ‘n 79% slaagsyfer sal afrigter Rudy Joubert baie tevrede wees.

varsitycup.co.za het die volgende vrae om hom gestel:

(1) Varsity Cup (VC):  Wat is jou grootste hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?
Theuns Kotzé (TK): “Daar is ‘n paar hoogtepunte in my rugbyloopbaan, maar die een wat ek nooit sal vergeet nie is 2009 se Varsitybeker-wedstryd teen TUT toe ek my eerste wedstryd op heelagter gespeel het. Ek het ook die eerste drie van die wedstryd gedruk en vandag is ek baie bly oor die skuif na heelagter.” 

(2) VC: Wie was jou rugby held toe jy jonger was?
TK: “Cristian Cullen, voormalige heelagter van die All Blacks. Daar is nie iemand wat soos hy kon aanval nie. Hy het omtrent altyd die eerste lyn van verdediging gebreek en alles voluit gedoen.”

(3) VC: En het jy nou iemand na wie jy opkyk?
TK: “Nie ‘n rugbyspeler nie, maar my pa (Riaan) is my rol-model. Hy doen alles in die lewe met groot passie en stel ander se belange bo sy eie.”

(4) VC: Hoekom het jy op Pukke as ‘n universiteit besluit en wat studeer jy?
TK: “Ná Cravenweek in 2005 (vir Griekwas) het die Puk my ‘n beurs aangebied en ook ‘n kans gegun om ná skool te studeer. Boonop is Potch ook ‘n maklike plek om aan te pas. Ek swat Menslike bewegingskunde met Psigologie.”

(5) VC: Teen watter span in die Varsitybeker geniet jy die meeste om teen te speel en hoekom?
TK: “Maties. Ons kry nie baie kans om teen hulle te speel nie. ‘n Wedstryd teen Maties is altyd hard en vinnig, so dis lekker om jou teen hulle te meet.”

(6) VC: Wat sal jy as jou sterkpunte as speler beskou?
TK: “My aanvallende spel op teenaanvalle en om die lyn te breek! My stelskopwerk is ook goed.”

(7) VC: Sukkel jy met die senuwees voor wedstryde en hoe hanteer jy die skoenlappers in die maag?
TK: “Ek stres nie oor die wedstryd self nie, maar oor die stelskoppe… Ek moet net die balle goed voor die game in die opwarming tref, dan verdwyn die skoenlappers vinnig.”

(8) VC: Is daar enigiemand anders in jou gesin of familie wat ook goed in rugby (of sport) is/was?
TK: “My pa, Riaan Kotze, het as ‘n skrumskakel vir Boland rugby gespeel.”

(9) VC: Het jy ‘n persoonlike doelwit vir die 2010 Varsitybeker seisoen en wat is daardie doel?
TK: “Ja ek het ‘n paar doelwitte en drome. Ek wil vir die SA Studente span gekies word en later vir ‘n groot rugbyunie speel. Ek wil einde vanjaar ook my graad vang!”

(10) VC: Laastens, het jy enige rugby bygelowe?
TK: “Ja, ek sal altyd laaste uit die kleedkamer gaan.”

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment