Get Newsletter

Regruk-poging red Tukkies

FNB Tuks het gisteraand in sy Carltonliga-tuiswedstryd teen die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) baie veggees gewys deur ‘n rustyd-agterstand van 3-16 in ‘n oorwinning met 22-16 te omskep.

Die flank Marnus Schoeman, FNB Tuks se kaptein, meen sy span het ná rustyd beter op die voorste voet gekom omdat “ons toe eers by die wedstrydplan begin hou het”.

“Ons het baie durf gewys en ek is trots op hoe ons nie kop verloor het nadat ons in die eerste helfte feitlik geen momentum of ritme gehad het nie,” het hy bygevoeg.

“Ons het boonop baie strafskoppe afgestaan, wat ons nie net op die telbord gekos het nie, maar ook telkens in ons spore laat omdraai het.”

Die wenspan se twee afrigters, Blikkies Groenewald en Nollis Marais, meen FNB Tuks is to veel beter in staat, maar ook dat die spelers hulself op die skouers kan klop vir die deursettingsvermoë waarmee hulle vorendag gekom het.

“Ons moes ter elfder ure veranderinge aan ons agterlyn aanbring, wat ons vir seker baie in die middelveld ontwrig het. En ja, ons sal baie minder op die veld moet praat en ook ons strafskop-telling ingrypend moet afbring,” het Marais bygevoeg.

Albei FNB Tuks se senters moes hulle aan die span onttrek. Johan Booysen het ‘n erge allergiese reaksie ná ‘n bysteek ontwikkel wat sy hand soos ‘n poffer laat opswel het, terwyl Ernst Dinkelmann deur die Blou Bulle vir Vodacombeker-diens nadergetrek is.

Vir Tuks het die stut Corné Fourie en die slot Joe Walters voorlangs uitgemunt, terwyl die senter Gertjie Smith groot indruk in die agterlyn gemaak het.

Puntemakers:

Vir Tuks:
Drie:
Gertjie Smith
Doelskop: Smith
Strafdoele: Justin van Staden 4, Smith

Vir TUT:
Drie:
Mpho Matsaung
Doelskop: Hansie Graaff
Strafdoele: Graaff 3

Deur Morris Gilbert

* Tuks het hulle eerste wedstryd van die Carltonliga – op 17 April – met 48-5 oor Brits gewen.

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment