{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Rudy teleurgesteld, maar hoopvol

Die FNB Pukke-span, verlede jaar se finalis in die FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International, sal hul dringendheid oor die algemeen moet verbeter voor hul herontmoeting met Maties in Maandag se semifinaal.

Só sê die span se breier, Rudy Joubert, ná Pukke Maandag 17-33 slae op sy tuisveld gekry het.

Pukke het ondanks sy nederlaag teen Maties steeds daarin geslaag om ‘n derde jaar agtereenvolgens vir die halfeindronde van die kompetisie te kwalifiseer. Maar anders as die vorige twee jare, toe hulle Ikeys in die halfeindstryd gepak het (en verlede jaar gewen het), moet hulle vanjaar die Maties op Stellenbosch pak.

Wat die uitdaging nog soveel groter gaan maak is dat ‘n klomp van Maties se eerste keuse spelers vandeesweek ‘n ruskans gegun is, so hulle behoort vars te wees wanneer die spanne om 6.30nm in die Danie Craven Stadion uitdraf.

Joubert was ook nie tevrede met sy span se spel in die kontaksituasies nie. “Ons balbeheer was nie goed in kontak nie en ek dink ook ons het onnodiglik balbesit afgestaan,” het hy gesê aan varsitycup.co.za.

Met 20 minute spel oor het Pukke nog sterk gestaan op 17-19 agter toe haker Stoffel Duvenage sy span se enigste drie van ‘n dryfmaalbeweging gedruk het. “Tot in daardie stadium was daar oorgenoeg geleenthede gewees om punte aan te teken, maar ons het dit nie geneem nie,” het Joubert gesê.

“Ons het ook by tye dom goed gedoen – iets wat ons definitief sal moet uitskakel voor Maandag se wedstryd.”

Pukke het die lewe ook nie vir hulself makliker gemaak deur twee spelers aan die koelkas af te staan nie. “Ja uit die aard van die saak as jy met 14 spelers speel plaas jy jouself in moeilike posisie, en die ander spelers moet dan soveel harder werk,” het Joubert bygevoeg.

Hy is nietemin positief oor die komende halfeindstryd, al is sy span die ‘underdog’.

“Uit die aard van die saak is Maties die oorweldigende gunsteling, maar ek dink verseker ons kan hulle klop. So ons reis Stellenbosch toe om te gaan wen,” het die Pukke breier gesê.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment