Get Newsletter

Shimla afrigter prys sy voorspelers

Maandagaand se deurslaggewende kragmeting – teen UJ – op Shimlapark waar die FNB Shimlas 51-32 gewen het, was beslis nader as wat die telling weergee.

Die telling was immers met 14 minute se speeltyd oor nog gelykop, maar drie drieë daarna het uiteindelik die knoop vir Shimlas in dié FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International wedstryd deurgehak.

Volgens die afrigter van die Bloemfonteinse studente, Jaco Swanepoel, was hy nog baie bekommerd met die telling op 32-elk. Want dit sou dalk nie genoeg gewees het vir ‘n plek in die halfeindronde nie.

“Ons het bietjie ‘n insinking gehad en ‘n voorsprong van 32-18 het skielik 32-elk geword. Ek was definitief in daardie stadium bekommerd gewees, maar die spelers het darem daarna weer hul spelpeil gelig.

“Ek moet my hoed vir hulle afhaal vir daardie eindpoging. Dit was regtig nie te versmaai nie,” het hy trots gesê aan varsitycup.co.za.

Volgens Swanepoel was die plan van die begin van die reeks om die halfeindstryd te haal is en dit ‘n lekker gevoel om daarin te geslaag het.

“Ons moes soveel harder daarvoor gewerk het omdat ons ligapunte teen Ikeys en Pukke in die water gegooi het. Want ons moes eintlik albei wedstryde gewen het.

“So ondanks die feit dat ons paadjie na die halfeindstryd daardeur bemoeilik is, het ons dit steeds gemaak – dit is baie bevredigend,” het hy verduidelik.

En as ‘n paar dom foute teen Ikeys in die eerste wedstryd nie gemaak is nie en een van vier mislukte strafdoele teen Pukke eerder deur die mikke gegaan het, kon Shimlas maklik ‘n tuis-halfeindstryd gehad het. Maar om van ‘n sesde plek verlede jaar tot derde in 2010 te gevorder het, is steeds ‘n goeie prestasie.

Swanepoel het sy voorspelers geprys vir hul leeue-aandeel in die sege. Hy reken dit was Shimlas se beste vertoning tot dusver in die vaste los gewees.

Spelers soos Boom Prinsloo (agtsteman), Ian Potgieter (vasskop stut) en PW van Vuuren (plaasvervanger-haker) het almal uitstaande wedstryde gehad. Prinsloo was immers die derde maal in die kompetisie as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Die afrigter sê Reinhardt Erwee (losskakel) se besering (hy het vroeg in die kragmeting knieligamente beseer) het die agterlyn bietjie ontwrig. Want Franna du Toit moes van heelagter losskakel toe skuif en Beast Ndwandwa, vleuel, moes op heelagter gaan steling inneeml.

“Ja dit het bietjie probleme agterlangs geskep, veral omdat Reinhardt hom nou al op losskakel ingeburger het en die gom tussen die voor- en agterspelers gevorm het.

“Maar ek dink een van die redes vir ons sukses tot dusver, is hoe maklik en vinnig spelers aangepas het.”

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment