Get Newsletter

Shimlas reg vir die Stadsbeker

Die Shimlas het na die voltooing van die Varsitybeker toernooi hom weer toegespits aan die Bloemfonteinse Stadsbeker Liga.

Hul deelname aan die Varsitybeker het veroorsaak dat die Kovsie span nou sal moet opvang op die stadsliga wedstryde wat hul gemis het. Die UV se tweede span (Irawas) neem aan dieselfde liga as Shimlas deel is tans boaan die Stadsbekerpuntelys.

Die Irawas het nog nie ‘n enkele wedstryd verloor nie en daar is al klaar sprake van ‘n moontlikke stadsbeker-eindstryd tussen die Irawas en die Shimlas.

Die Shimlas wat nog net twee wedstryde in die liga gespeel het, het hulle met oortyging gewen en kon selfs volpunte bereik. Hulle het die Ixias van die Sentrale Universiteit van Tegnologie, wat ‘n finalis in verlede jaar se Stadsbeker was, oortuigend met 29-20 geklop.

In nog ‘n wedstryd het die Shimlas ‘n weghol sege van 69-7 oor Old-Greys behaal. Die studente het 11 driee teen die Old Grey span op gestapel. Die Shimlas kom eerskomende naweek te staan teen die Irawas in ‘n stryd waar daar vir “spogregte” gespeel word. In die ander wedstryd van die naweek speel die UV se onder-21 span teen die UV se onder-20 span.

Die Shimlas het die afgelope naweek in ‘n vriedskaplike wedstryd testaan gekom teen Kimberley-Polisie. Die Bloemfonteiners het ‘n ongelooflike sege van 86-14 behaal. Die Shimlas se westryd was gekenmerk deur goeie afgeronde spel deur byde die voor-en agterspelers. Met die rustyd telling op 50-7 was die spreekwoordelike koeël klaar deur die kerk gewees.

Utblinkers vir die Shimlas was die lostrio kombinasie van Erik le Roux, Willie Britz en Gerrit Theron. Al drie hierdie spelers het tydens die Varsitybeker goed gekombineer met die Shimlas se punte masjien Boom Prinsloo.

Nóg spelers wat krediet verdien is die Shimla voorry wat uit Vaatjie Koorsen, Hans Grobler en Richard Harris bestaan. Vir die besoekers het Rohan Victor, Zandré Swarts en Morné van Deventer geod gespeel.

Shimlas puntemakers (t Kimberley-Polisie):
Drieë:
Robert van Schalkwyk, Beast Ndwandwa 2, Jamba Ulengo 2, Marlin Ruiters, Erik le Roux 2, Willie Britz 2, Gerrit Theron, Joubert Horn 2, Nico Scheepers
Doelskoppe: Van Schalkwyk 6, Scheepers 2

Deur Tian Malherbe

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment