{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Shimlas speel nog nie as eenheid

Die Shimla-afrigtingspan gee toe dat hulle Maandag in Stellenbosch teen die beter span die onderspit gedelf het.

Maties het 31-15 koning gekraai in ‘n FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International wedstryd. Sodoende is hulle nog onoorwonne en lyk Maties nogmaals na die span in die reeks om te klop.

Dougie Heymans, Shimlas se skrumafrigter en spanbestuurder, sê dit was die enigste wedstryd wat hulle (Kovsies) werklik verloor het hierdie seisoen.

“Die ander wedstryde het ons eerder weggegee wat ons moes gewen het. Teen Ikeys (30-elk) het ons te hoë risiko rugby gespeel en teen Pukke (17-16) was ons die beter span en het al die geleenthede gehad, maar kon ons nie afrond nie.

“Ek moet darem sê dat die telling Maties effe vlei, want hulle het reg aan die einde van albei helftes gaan druk toe spel al verstreke was,” het hy bygevoeg aan varsitycup.co.za.

Hy het spesifiek na Matthew Dobson (Maties-haker) se drie reg aan die einde van die eerste helfte verwys, toe Maties die een aanslag na die ander geloods het wat uiteindelik op sy drie uitgeloop het.

Heymans sê iets wat in hierdie stadium ietwat frustrerend is, is spelers wat nog te veel dinge op eie houtjie wil doen.

“Ons sukkel nog om as ‘n eenheid saam te speel. Dis asof die speler elke keer ‘n tree te ver gee, eerder as om grond toe te gaan en die volgende fase op te sit.

“Maar aan die positiewe kant is daar darem die veggees wat die ouens openbaar het, veral in die bitter moeilike omstandighede waaraan ons spelers nie eintlik aan gewoond is nie.

“Maties moes hard vir al hul drieë werk, hulle het ná die wedstryd vir ons gesê dat dit vir hulle glad nie maklik was nie.”

Wat oog nie uit die oog verloor moet word nie is dat Shimlas drie van verlede jaar se semifinaliste in die eerste vier weke gespeel het.

Hulle sal egter nou ná twee agtereenvolgende nederlae vinnig weer op die wenpad moet kom. As hulle Maandag weer in die stof teen TUT byt kan dit reeds die einde van hul top-vier aanslag wees.

* Heymans het laat blyk dat sy vasskopstut Vaatjie Koorsen sy kakebeen gebreek het en lank op die krukkelys gaan wees. Hy sal moontlik deur André Schlechter, wat verlede jaar nog vir Maties uitgedraf het, vervang word.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment