Get Newsletter

Skerpskutter reg vir Maties-stryd

FNB Tuks het hul deurslaggewende wedstryd in die FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International teen die Maties, Maandag op Coetzenburg, so byna sonder hul heelagter en puntemasjien, Justin van Staden, aangedurf.

Van Staden (regs) is in die nasionale Onder-20-groep ingesluit en moet reeds Saterdag by die oefenkamp in Saldanhabaai aanmeld.

Samesprekings op hoë vlak het egter verseker dat Van Staden, wat 50 punte in FNB Tuks se laaste twee Varsitybeker-wedstryde aangeteken het, hom Maandag in Stellenbosch by die res van die Tuks-span sal aansluit.

Vir Tuks is dit baie goeie nuus, want die enkelbesering van die eerste keuse op binne-senter, Franco Booysen, het al klaar meegbering dat Freddie Grobler en sy mede-keurders aan die agterlyn moes verander. Booysen word deur Gertjie Smith, vervang.

Smith was in die wedstryd teen die FNB NMMU die buite-senter nadat Ernie Kruger hom ter elder ure weens oor-infeksie aan die span moes onttrek. Kruger is gesond en sal die nommer 13-trui by Smith oorneem.

Vir die eerste dié seisoen sal Tuks kontuïniteit as ‘n bondgenoot hê, want die enigste ander verandering aan die vyftiental is op haker waar Robbie Coetzee plek maak vir Chris Crous.

Die FNB Tuks span: 15 Justin van Staden, 14 Dirk Dippenaar, 13 Ernie Kruger, 12 Gertjie Smith, 11 Aaron Denenga, 10 Shaun Davids (kaptein), 9 Ignick Windvogel, 8 Coenie Pieters, 7 Tendaiyi Chikukwa, 6 Louwrens Lombard, 5 Francois van Wyk, 4 Tiaan Nel, 3 Peet Vorster, 2 Chris Crous, 1 Ettienne Breytenbach.
Plaasvervangers: 16 Robbie Coetzee, 17 Musa Tukela, 18 Joe Walters, 19 Marius Weber, 20 Wesleigh Marais, 21 Fanie Booysen, 22 Gerhard van der Merwe, 23 Hein Viljoen.

Hoofafrigter: Freddie Grobler
 
Datum: Maandag, Maart 1
Plek: Danie Craven Stadion
Afskop: 4.30nm (Regstreeks op SuperSport Een)
Skeidsregter: Tiaan Jonker

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment