Get Newsletter

Stem jy saam met JJ?

Warm op die hakke van ons keuses vir ‘Blyers’ en ‘Glyers’, kies Rapport se JJ Harmse sy Varsitybeker XV – suiwer gebaseer op die spelers se vertonings tydens die 2010 FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International.

En daar bly die twee gunstelinge toe wel oor. Waar die Maties egter weer ‘n keer gewys het hoeveel ligjare daar tussen hulle en die Pukke is op die oomblik, het die Shimlas die Ikeys tot in die laaste minuut beveg.

Ek het gedink die Shimlas gaan in die tweede helfte nog genoeg woema hêom die Ikeys in te katrol, maar danksy die skitterspel van JJ Gagiano en kie, kon hulle die Shimlas tot genoeg foute dwing om seker te maak van die oorwinning.

Ek het amper al vergeet watter fantastiese speler Gagiano is. Hy hoef maar net sy kamermaat te kry om so ‘n paar minute van elke wedstryd in vanjaar se toernooi op ‘n CD te sny en dit Boulder toe te pos.

Dit is natuurlik die hoofkwartier van USA Rugby en die USA Eagles, ‘n span wat beslis Gagiano weer sal nadertrek met die oog op volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi.

Daar was natuurlik ‘n paar ander ‘uitlanders’ ook in vanjaar se kompetisie wat dalk in die toekoms vir hulle geboorteland kan uitdraf. Tukkies het twee gehad in Tendaiyi Chikukwa en Dan Nicols, wat nog vir Zimbabwe kan uitdraf, terwyl Aranos Coetzee by die Puk seker ook al begin wonder het of hy Wêreldbekerdrome saam met Namibië kan droom.

Die probleem in sy geval is dat dit een plek is waar die Biltongboere nogal baie spierkrag het.

Daar is beslis ook spelers van Varsity Cup 2010 wat in die toekoms ‘n Springboktrui oor die kop gaan trek.

Lees meer HIERSO – en kyk wie het JJ gekies in sy Varsitybeker span!!

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment