Get Newsletter

Suidelike Universiteite bly bo

Die Maties en Ikeys het hul onoorwonne rekords in 2010 voortgesit in week vyf, toe die suidelike universiteite Maandagaand hul noordelike teenstanders stert tussen die bene huistoe gestuur het na ‘n reeks interessante uitslae in die FNB-geborgde toernooi, aangebied deur Steinhoff International.

Die twee Kaapse spanne het Maandag twee kontrasterende oorwinnings behaal – die tweemalige kampioene Maties het het FNB Tuks met 64-17 in Stellenbosch vermorsel en die Universiteit van Kaapstad moes hard werk om ‘n naelskraapse 30-23 oorwinning oor die UJ in Johannesburg te behaal.

Dié uitslae Maandag, 1 Maart, verseker dat aanstaande week se stryd in Stellenbosch – tussen die Maties en UK (‘n 20:30 afskop wat op SuperSport Een vertoon word) – is ‘n stryd tussen die twee top spanne in die reeks. Dit is eintlik geen verrassing nie, aangesien hierdie twee Wes-Kaapse spanne reeds sedert die aanvang van die Varsitybekerreeks in 2008 die voorste spanne in die toernooi is.

Daar moet darem bygesê word dat die Maties se uitstekende oorwinning gesien moet word in die lig van ‘n bitter swak vertoning deur ‘n teleurstellende Tuks pak voorspelers. Die manne van Stellenbosch het weliswaar al hul talente – krag en vaardighede – ten toon gestel in ‘n wedstryd waar hulle nege drieë teenoor die drie van die besoekers gedruk het.

Daarby het hulle ook in die vyfde agtereenvolgende wedstryd ‘n bonuspunt vir vier of meer drieë behaal, en dit in ‘n wedstryd waar hulle sonder sterre soos  Conrad Hoffmann en Jurgen Visser (wat tans vir WP speel), asook Stokkies Hanekom en Dabeon Draghoender (beseer) moes klaarkom.

Tuks loop nou die gevaar om die derde agtereenvolgende jaar nie die halfeindwedstryde te speel nie, en op die oomblik bevind hulself in die sesde plek op die punteleer – met vyf rondtes reeds gespeel en met taai wedstryde teen die Shimlas (tuis) en die Universiteit van Kaapstad (weg) wat nog wag.

Die UK moes letterlik bloed sweet teen ‘n UJ span wat, ná hul uitstekende oorwinning oor Pukke in Potchefstroom die vorige week, vol vertroue was. Die besoekers het kalm genoeg gebly om hul vierde oorwinning van die seisoen te behaal – ‘n uitslag wat hul tweede plek op die punteleer (ses punte agter die voorlopers Maties) verstewig het.
 
Die verskil tussen die twee spanne in Johannesburg was ‘n drie deur die Ikeys se uithaler vleuel Marcello Sampson – die voorste drie-drukker in die drie jaar wat die reeks reeds beslis word. Daardie drie, laat in die tweede helfte, het verseker dat UK hul tweede plek op[ die punteleer behou – net drie punte voor Pukke en ses punte voor Shimlas en UJ. (Shimlas is net voor die UJ in die vierde plek met punteverskil.)
 
In ander uitslae vanoor die land het die twee spanne wat laaste op die punteleer is – TUT en NMMU – albei bonuspunte verseker deur met sewe punte of minder teen onderskeidelik Shimlas en die Pukke te verloor – spanne wat albei die teleurstelling van nederlae die vorige week moes verwerk.
 
TUT het met 31-37 teen Shimlas verloor, maar die telling het hulle teen die einde gevlei – aangesien Shimlas met 37-19 voorgeloop het toe die laaste 10 minute aangebreek het het en waarskynlik die voet van die pedaal afgehaal het. Twee drieë deur die Vikings het hul telling meer rooskleurig laat lyk.

Die Madibas kan baie beter voel oor hul nederlaag teen verlede jaar se finaliste, Pukke, wat hulle slegs met 31-24 kon klop – na die manne van Potchefstroom rustyd slegs met 19-18 voorgeloop het.

TUT en NMMU het beide hulle eerste punte van die seisoen behaal, maar sal nog steeds met angs wag vir hul tweestryd in Week Agt van die toernooi – ‘n wedstryd wat heel moontlik gaan bepaal wier van die twee later vanjaar in ‘n promosie/relegasie stryd betrokke gaan wees.

Click here for this weekly Varsity Cup wrap in English!

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment