{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Swanepoel: 'Ons moes gewen het'

Ons móés gewen het, eerder as om gelykop te speel.

Só sê Jaco Swanepoel, afrigter van die FNB Shimlas oor Maandag se wedstryd teen die Universiteit van Kaapstad se Ikeys. Ondanks ‘n 25-13-voorsprong in ‘n stadium, moes die Shimlas toekyk hoe die openingswedstryd in die FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International 30-elk gelyk eindig.

“Verseker moes ons die wedstryd gewen het. Ons het danksy twee simpel foute 14 punte op ‘n skinkbord vir hulle (Ikeys) gegee. Dít het ons die wedstryd gekos,” het Swanepoel gesê aan varsitycup.co.za.

Hy verwys spesifiek na die drie deur Marcello Sampson, UK-vleuel, toe Reinhardt Erwee (Shimlas se losskakel), ‘n baie swak aangee uitgegee het en Sampson deurgeskop het om te gaan druk.

Swanepoel sê hulle het gemik om ten minste ‘n voorsprong van tien punte in die eerste helfte op te bou toe hulle saam met ‘n sterk Noordewind gespeel het. Shimlas was 14-6 rustyd voor.

“Ons moes die eerste 40 minute meer in Ikeys se helfte gespeel het,” het hy gesê. “Ek dink die ouens was bietjie overeager deur alles te wil gehardloop toe ons saam met die wind gespeel het.

“Maar bygesê, ons is nie gewoond aan daardie weersomstandighede nie en die ouens kon nie werklik speel soos hulle wou nie.”

Volgens hom is daar nie enige aspekte wat vandeesweek ernstig skaafwerk voor Maandag se tuiswedstryd teen NMMU benodig nie.

“Ag daar is nog klein goedjies om aan te werk, want ons het ‘n paar kanse deur ons vingers laat glip. Maar die samespel en afronding sal aangaande verbeter sou ons kontinuïteit kan behou en beseringsvry wees.”

Hy was darem ingenome met sy span se lynstaanwerk en verdediging.

“Ek dink ons lynstane was uitsonderlik, veral as jy in ag neem hoe sterk daardie wind was. Ons het net twee lynstane op ons eie ingooi verloor.

“Ek voel ons spel by die afbreekpunte was ook bevredigend en ons het veral goed skoongemaak om sodoende kwaliteit balbesit te verseker,” het die breier bygevoeg.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment