Get Newsletter

Tuks bly voorloper in Carltonliga

Tuks het sy status as die voorloper in die uitklopronde van die Blou Bulle gestand gedoen deur Saterdag oortuigend met Pretoria af te reken.

Tuks het 11 drieë teenoor een in hul 63-7 oorwinning gedruk, en het nou 26 punte ná ses wedstryde – drie meer as Centurion in die tweede plek.

Tuks sal allermins tevrede met hul vertoning wees, al was die oorwinning hoe oortuigend.

Met rustyd was die telling net 21-7 en die studente kon eers in die tweede helfte behoorlik die oorhand kry nadat hulle in die eerste 40 minute hopeloos te veel kanse met swak besluitneming, afronding en dissipline verspeel het.

Die Tuks-span se drieë is deur John-Wessel Bell (2), Dirk Dippenaar (2), GD Kotzee (2), Wesley Moolman, Boeboes Coetzee en Marius Weber (3) gedruk.

Stanley Twiname (3) en Coetzee het met doelskoppe geslaag.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment