Get Newsletter

Tuks het eina, maar kan nog SF haal

Die rekord-nederlaag teen die FNB Maties gistermiddag in Stellenbosch was soos ‘n ‘helse harde hou op die kennebak’, maar desondanks is FNB Tuks se halfeindronde-lot in die 2010 FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International steeds in hul eie hande.

“Ons kan beslis nog die halfeindronde (vir die derde agtereenvolgende seisoen) haal indien ons die twee oorblywende wedstryde in die groepfase van die reeks wen (Maandag in Pretoria teen die FNB Shimlas en op 15 Maart teen die Ikey Tigers in Kaapstad).

“Ons is dus net op onsself aangewese,” is hoe Freddie Grobler, FNB Tuks se hoofafrigter, sy span se redelik benarde situasie opsom.

“In sulke kritieke omstandighede wys ‘n span se ware karakter,” het Grobler bygevoeg aan varsitycup.co.za, na Tuks se 17-64 nederlaag teen die Maties.

FNB Tuks het van die derde na die sesde plek op die puntelys afgeskuif en is nou een punt agter die Shimlas wat vyfde is met 13.

“Hoewel die rits beserings ons ritme en momentum kwaai ontrwig het, is dit nie ‘n verskoninng vir die omvang van ons nederlaag nie,” het Grobler gesê.

“Ons het met te veel basiese foute tot ons eie ondergang bygedra, maar op die keper beskou, is ons deur ‘n beter span opgedons. Hulle (FNB) Maties was veral in die tweede helfte soos ‘n goed geoliede masjien.”

Grobler se hy is allermins naïef om te glo dat FNB Tuks steeds die halfeindronde kan haal. “In 2008 en verlede jaar het min mense ons ‘n kans gegee om onder die voorste vier spanne te eindig, maar ons het hulle elke keer verkeerd bewys.

“Ons het beslis nog nie handdoek ingegooi nie en mik vir ten miste agt ligapunte inn ons laaste twee wedstryde. Solank ons as afrigters en spelers dit glo, is die saak reg.”

FNB Tuks sal eers later vandag (Dinsdag) uitsluitsels oor al hul beserings hê, maar dié lys is lank en daar kan tot ses veranderinge aan die beginspan vir die wedstryd teen die FNB Shimlas wees.

Deur Morris Gilbert

Weekly Varsity Cup wrap: South rules over North!

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment