Get Newsletter

Tuks kan kaarte deurmekaar krap

FNB Tuks mag wel enige realistiese aanspraak op ‘n plek in die halfeindronde van die FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International kwyt wees, maar Shaun Davids en sy troepe kan die kaarte steeds deurmekaar krap in die laaste groepwedstryde van die 2010-reeks.

Tuks het gisteraand met 23-27 teen FNB Shimlas verloor wat ‘n einde gemaak het aan hul 2010 halfeindronde-drome. FNB Tuks het in in die eerste twee jaar van die reeks nog elke keer onder die voorste vier spanne geëindig.

Tukkies se laaste wedstryd is Maandag in Kaapstad teen die Ikey Tigers wat vir die eerste keer dié seisoen na die derde plek op die puntelys afgeskuif het. Vir die FNB Ikeys is daar dus baie op die spel, want ‘n voltal teen FNB Tuks kan ‘n tweede plek en gepaardgaande tuiswedstryd in die halfeindronde verseker.

Hulle is in die “bevoorregte” posisies dat hulle soveel meer as die Ikeys kan wag nadat hulle ná die nederlaag teen die FNB Pukke in die openingsronde deurlopend onder druk was.

“Ons is wel uit die wedloop, maar kan baie verlore aansien herwin indien ons die FNB Ikeys op hul tuisveld klop. Ons gaan beslis nie Kaap toe net om ons laaste bepaling van die seisoen af te handel nie,” het TuksRugby se tegniese direkteur, Blikkes Groenewald, aan varsitycup.co.za gesê.

Volgens Groenewald kan FNB Tuks se swakste FNB Varsitybeker-seisoen nóg die beste saamgevat word as een van “as, maar en moes”.

“Ons moes meer wedstryde gewen het, maar was elke keer ons eie grootste vyand omdat ons bloot te veel met rukke en stote gespeel het, soos weer gisteraand teen Shimlas.

“Ons kon en moes gewen het, maar basiese foute soos swak besluitneming en taktiese skopwerk het ons nogmaals gepootjie. Ons grootste enkele tekortkoming is dat ons ‘n span van uiterstes is – ewe goed as sleg in dieselfde 80 minute,” het Groenewald bygevoeg.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

O2 Inside Line: All In | Episode 5 | Making Waves

Confidence knocks and finding your people | Flo Williams | Rugby Rising Locker Room

Tackling reasons for drop-out in sport | Zainab Alema | Rugby Rising Locker Room

Krakow | Leg 3 | Day 2 | HSBC Challenger Series | Full Day Replay

Kubota Spears vs Tokyo Sungoliath | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Jet Lag: The biggest challenge facing international sports? | The Report

Boks Office | Episode 39 | The Investec Champions Cup is back

Rugby’s Greatest Rivalry? | New Zealand & Australia | Sevens Wonders | Episode 5

Write A Comment