Get Newsletter

Tuks kan seker maak van SF plek

FNB Tuks kan met ‘n oorwinning in die groot derby teen Polisie môre in die TuksRugby-stadion ‘n deurslaggewende tree nader aan ‘n plek in die Carltonbeker-halfeindronde gee.

Tuks en Polisie is die enigste onoorwonne spanne in die tweede ronde en net ‘n enkele punt skei hulle van mekaar op die puntelys. Ná drie wedstryde is Tuks eerste met 15 en Polisie tweede met 14.

In die eerste ronde was Polisie die enigste teenstander wat nie onder Tuks deurgeloop het nie. Dié kragmeting het met 13 elk gelykop geëindig.

Tuks het in hul laaste twee wedstryde behoorlik op loop gegaan en 24 drieë gedruk – 11 teen Naka Bulle (69-22) en 13 teen Harlequins (87-7).

Polisie sal egter ‘n perd van ‘n heel ander kleur wees en sonder twyfel Tuks se grootste toets van die twee ronde wees.

Die wedstryd begin om 16.00.

Die Tuks span: 15 Boeboes Coetzee, 14 Dirk Dippenaar, 13 Gerhard van der Merwe, 12 Gertjie Smith, 11 GD Kotzee, 10 Renier Wiessener, 9 Etienne Greeff, 8 Marius Weber (kaptein), 7 Jacques Verwey, 6 Louis van Biljon, 5 Peet Botma, 4 Franco Booysen, 3 Gert Andries van der Merwe, 2 Henri Bantjes, 1 Corne Fourie.
Replacements: 16 Chris Crous, 17 Ettienne Breytenbach, 18 Francois van Wyk, 19 Mattheus du Plooy, 20 Tertius Harmse, 21 Johan Booysen, 22 JW Bell.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

O2 Inside Line: All In | Episode 5 | Making Waves

Confidence knocks and finding your people | Flo Williams | Rugby Rising Locker Room

Tackling reasons for drop-out in sport | Zainab Alema | Rugby Rising Locker Room

Krakow | Leg 3 | Day 2 | HSBC Challenger Series | Full Day Replay

Kubota Spears vs Tokyo Sungoliath | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Jet Lag: The biggest challenge facing international sports? | The Report

Boks Office | Episode 39 | The Investec Champions Cup is back

Rugby’s Greatest Rivalry? | New Zealand & Australia | Sevens Wonders | Episode 5

Write A Comment