Get Newsletter

Tuks trek groot kanonne nader

FNB Tuks is stadig maar seker besig om sy geledere met provinsiale spelers te versterk.

Die Blou Bul- en SA o.20-haker Henri Bantjes is die nuutste toevoeging tot die Tuks-geledere vir die Carltonbeker-wedstryd teen Harlequins op Saterdag.

Bantjes het in 2009 laas vir Tuks uitgedraf. Dit was in die FNB Varsitybeker-wedstryd teen FNB Maties, wat die Pretorianers gewen het.

Die kanse is ook goed dat nog ‘n Bul- en SA o.20-voorryman aanstaande Saterdag in die wedstryd teen Pretoria nadergetrek kan word. Die knewel Frik Kirsten oefen reeds saam met Tuks, maar is nog nie heleetmal wedstrydfiks nie. Hy sal Tuks baie aan die vaskopkant van die skrum versterk.

Tuks weet hulle sal Saterdag beduidend beter moet speel as verlede naweek teen Polisie toe hulle ná ‘n aanvanklike voorsprong van 13-0 met ‘n gelykop-uitslag tevrede moes wees (13-13).

Hoewel Tuks met 16 die nuwe voorlopers op die puntelys is, het hulle een wedstryd meer as Centurion en Harlequins, in die tweede en derde plek onderskeidelik, gespeel.

Centurion en Quins het albei 14 punte, maar eersgenoemde se punte-verskil is beter. Ander as Tuks het sowel Centurion as Quins al hul wedstryde gewen, wat ‘n tydige waarskurwing vir die studente is oor die groot taak wat teen die Lappiestruie op hulle wag.

Tuks se punte teen Bobbies is aangeteken deur Gertjie Smit (drie) en Justin van Staden (doelskop en twee strafdoele).

Tuks se span vir die kragmeting met Quins is (afskop om 16:00 op Quins A): 15 Justin van Staden, 14 Dirk Dippenaar, 13 Gertjie Smith, 12 Johan Booysen, 11 John-Wessel Bell, 10 Stanley Twiname, 9 Wesley Moolman, 8 Marius Weber, 7 Willie Nel, 6 Marnus Schoeman (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Joe Walters, 3 Gert Andries van der Merwe, 2 Chris Crous, 1 Corné Fourie.
Plaasvervangers: 16 Henri Bantjes, 17 Peet Vorster, 18 Rudolph Smith, 19 Louis van Biljon, 20 Hendrik Blignaut, 21 Shaun Davids, 22 Devan Kruger.

* Intussen kry Tuks se koshuisliga die wind van voor weens die indrigende reën wat die afgelope tyd oor Pretoria uitgesak het. Geen spel was die laaste twee weke moontlik nie omdat meeste van die velde op plekke onder water was.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment