Get Newsletter

Tuks wag op Grobler se opvolger

FNB Tuks sal eers teen Dinsdag op die vroegste weet wie by Freddie Grobler (vir die Carltonbeker-reeks in elk geval) as hoofafrigter oorneem.

Grobler is verlede Vrydag van sy pligte onthef en TuksRugby se tegniese direkteur, Blikkies Groenewald, as tussentydse hoofafrigter aangestel.

Groenewald en Nollis Marais – Grobler se adjunk in die FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International – voer op 6 April samesprekings waarna ‘n aankondiging oor Grobler se opvolger verwag word.

Kobus van der Walt, Direkteur van TuksSport, het oor die besluit ten opsigte van Grobler gesê hy sal nou die geleentheid kry om al sy aandag en tyd aan sy werk as hoofbestuurder en afrigter van die Blou Bulle Tuks Rugby-akademie te gee. TuksSport wil ook graag sien dat Grobler sy betrokkenheid by nasionale studenterugby verder uitbou.

Freddie is juis nou in Marokko waar die SA Studentespan aan ‘n internasionale Sewestoernooi deelneem. Hy is die hoofafrigter.

Grobler het Tuks in 2009 en in die Varsitybeker-reeks van 2010 afgerig. Verlede jaar het FNB Tuks in die Varsitybeker-halfeindronde (teen FNB Maties) en Carltonbeker-eindronde (teen Polisie) verloor.

FNB Tuks kon dié seisoen net twee van sy sewe Varsitybeker-wedstryde wen en het sesde geëindig.

Sonder dat die spelers, of Grobler dit geweet het, was die Carltonbeker-wedstryd tussen FNB Tuks en Naka Bulle op Woendag, 24 Maart die laaste onder hom as afrigter.

FNB Tuks het met 33-3 gewen en speel eers weer op Saterdag, 17 April teen Brits.

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment