Get Newsletter

Tuks wil net op eie spel bly fokus

FNB Tuks se grootste uitdaging vandeesweek in die aanloop tot die Varsitybeker-wedstryd teen die FNB Maties Maandag in Stellenbosch, is ‘om net op ons eie spel te bly fokus’.

Dit was die mening van FNB Tuks se hoofafrigter, Freddie Grobler, in gesprek met varsitycup.co.za.

Hy meen die oorwinning met 63-36 oor FNB NMMU gisteraand in Pretoria was broodnodig vir FNB Tuks se momentum en selfvertroue.

“Hoewel ons steeds nie na ons volle potensiaal presteer nie, toon ons spelgrafiek in elke wedstryd ‘n opwaartste kurwe,” het hy gesê. “Dit is baie bemoedigend, want alles dui daarop dat ons eerder vroeër as later op al die suiers sal begin vuur.”

Hy meen die vertoning van die FNB Tuks se aggtal was die groot glanspunt van die oorwinning teen die Madibaz. Hierin het veral die vaskopstut, Peet Vorster, en die twee slotte, Tiaan Nel en Francois van Wyk, reuse-bydraes gelewer.

Grobler stem saam die FNB Tuks-agterlyn nie dieselfde hoogtes bereik het nie, maar dit kan grootliks toegeskryf word aan die ontwrigting wat die enkelbesering van die binne-senter, Franco Booysen, veroorsaak het. Hy is in die eerste helfte van die veld.

“In die spanpraatjie voor die wedstryd het ek vir elke speler gesê om nie druk op homself te sit nie, maar eerder net uit te gaan om die wedstryd te geniet in welke geval die punte dan vir hulself sal sorg.

“Die feit dat ons nege baie goeie drieë gedruk het, wys dat dié benadering gewerk het.”

Grobler gee toe dat nie ‘n foutlose vertoning was nie. “Ons speel te dikwels nog met rukke en stote en sal moet leer om die uitklophou te plant wanneer die geleentheid hom voordoen.”

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment