Get Newsletter

UJ rig waarskuwing; Maties steeds bo

Die verdedigende kampioen, FNB Maties, het nog ‘n bonuspunt-oorwinning in die 2010 Varsitybeker-reeks behaal, maar dit was die FNB UJ wat die grootste opskudding van die vierde rondte gelewer het – deur verlede jaar se naaswenners, FNB NMU-Pukke, in Potchefstroom te klop.

Deur die Pukke tot die vyfde plek op die punteleer in die FNB Varsitybekerreeks, aangebied deur Steinhoff International, af te skuif,  het die manne van Johannesburg, met hul indrukwekkend 23-22 oorwinning ‘n groot stap nader aan hul eerste verskyning in die halfeindronde gegee.

Voor Maandagaand kon die UJ nog nooit daarin slaag om die Pukke in die Varsitybekerreeks te klop nie – met die vernederende 14-67 nederlaag van 2008 in George nog vars in die geheue. Maar dit was soete wraak vir Hugo van As se manne, wat ‘n 15-12 rustyd voorsprong in hul tweede oorwinning ban die seisoen omskep het.

Soos dinge nou staan, is die UJ, met hul 12 punte, op die oomblik in die vierde plek op die Varsitybeker-puntelys, met die FNB Tuks wat hulle slegs met ‘n punteverskil uit die derde plek hou en die UK wat drie punte verder voor hulle in die tweede plek is.

Maties, met vier opeenvolgende bonuspunt-oorwinnings, is los voor met 20 punte uit hul vier wedstryde tot dusver – met die tweemalige kampioene op soek na ‘n tuis-eindstryd vir die derde agtereenvolgende jaar.

Maties, wat in die laaste wedstryd van die dag verskyn het, het ‘n baie handige 31-15 oorwinning oor FNB Shimlas in Stellenbosch behaal, ten spyte daarvan dat hulle teen rustyd met 14-15 op die telbord agter was.

Die verdedigende kampioene het egter in die eerste helfte teen die sterk wind gespeel en hulle het die manne van Bloemfontein verhinder om na rustyd enige punte aan te teken – terwyl hulle boonop ‘n waardevolle vier drieë behaal het.

Die WP en Stormers skakel Conrad Hoffmann was weereens uitstaande speler vir die tuisspan; indrukwekkend in die algemeen spel en het boonop ‘n drie gedruk, tesame met sy vier doeslkoppe en strafdoel vir die aand.

In ‘n ander wedstryd in die Weskaap Maandagaand het FNB UK bloed gesweet teen hul teenstanders, die FNB TUT Vikings – wat na Kaapstad gekom het met niks om te verloor nie.
 
Die Ikeys – wat NMMU verlede Maandag in Port Elizabeth met 65-9 verpletter het – het vroeg gelyk of hulle nog ‘n weghol oorwinning sou behaal, toe senter Tim Whitehead binne die eerste minuut vir ‘n drie oorgegaan het. Die drie is aangevoor deur ‘n prag breekslag deur JJ Gagiano. Dit sou agter hul enigste drie van die wedstryd wees en laat in die eerste helfte moes hulle hard terugveg, na TUT die voortou geneem het.

Die tuisspan het egter hulself gestaal en sonder om kop te verloor het die skopskoen van losskakel Matt Rosslee hulle tot ‘n 25-19 oorwinning aangevoor. Dit is egter ‘n vertoning wat hulle gou sal wil vergeet.

Die Ikeys het egter genoeg gedoen om bo Tuks te bly op die punteleer, na die Pretoria-studente hul tweede oorwinning van die seisoen behaal het – ‘n 63-36 afranseling vir FNB NMMU Madibas.

Die manne van Port Elizabeth het vir die vierde keer die seisoen meer as 50 punte afgestaan en hul wedstryd teen TUT – in Week Sewe, op 15 Maart – gaan hulle slapelose nagte besorg. Dié wedstryd gaan waarskynlik bepaal wie speel later vanjaar in ‘n promosie-relegasiestryd wedstryd.

Tuks se heelagter Justin van Staden – wat verlede week meer as die helfte van sy span se punte teen TUT behaal het – het weer Maandag die grootste bydrae gelewer met sy 23 punte: ‘n drie, ses doeslkoppe en twee strafdoele.

CLICK HERE for the English version of this weekly Varsity Cup wrap-up!

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment