Get Newsletter

'Vertolking by skrums 'n probleem'

Rudy Joubert, afrigter van die FNB Pukke, wou nie verskonings maak ná sy span se onverwagse nederlaag (22-23) teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) op Maandag nie, maar sê die vertolking by die skrums het hulle gekniehalter.

“Vir drie weke het dit goed gegaan, maar skielik was daar ‘n probleem en is ons met reëlmaat by die skrums gestraf,” het die breier aan www.varsitycup.co.za gesê.

Buiten die skrumwerk, was Joubert ook nie tevrede met sy span se hantering en behoud van balbesit nie.

Ofskoon die tuisspan goed teen UJ begin het, en ná 20 minute 12-0 voor was waarin hulle al die speelwerk gedoen het, het hulle volgens Joubert daarna te veel balbesit weggegee.

En ná UJ vleuel Bernado Botha sy tweede drie in die 30ste minuut gaan druk het, kon die Pukke nie weer die voortou neem nie.

“Daarna moes ons omtrent vir 40 minute al die keerwerk doen,” het hy gesê.

“Met die reël wat nou so anders by die afbreekpunt geïnterpreteer word (hoofsaaklik om die aanvallende span se balbesit meer te verseker) kry jy nie meer maklik die bal terug nie.”

Wat hom verder bekommer is die Pukke se talle hanteerfoute en verkeerde besluitneming wat hulle punte gekos het.

“Maar UJ verdien krediet vir die goeie rugby wat hulle gespeel het. Ek dink hulle kan nog ‘n paar spanne verras en die halfeindronde haal,” het Joubert gesê. “Ons kan net onsself blameer deurdat ons ons eie ondergang bewerkstellig het.”

Die Potchefstroom studente gaan volgens hul breier vandeesweek baie aandag aan hul behoud van balbesit, hantering en eerste-fase besit (skrumwerk) gee.

Op die beseringsfront is Francois Robbertse (agtsteman) die enigste ongeval. Hy het moontlik sy duim gebreek, maar Joubert wag nog vir terugvoer van sy mediese span.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment