Get Newsletter

Wat is Tuks se volgende stap?

FNB Tuks se sesde plek op die puntelys van die FNB Varsitybeker-reeks, aangebied deur Steinhoff International, beteken desnoods dat alle betrokkenes hand in eie boesem sal moet steek ten einde ‘n herhaling hiervan in 2011 te voorkom.

Volgens TuksRugby se tegniese direkteur, Blikkies Groenewald, kan die rede vir FNB Tuks se swakste vertoningslys in die drie jaar lange geskiedenis van die Varsitybeker-reeks nie voor die deur van een tekortkoming of fout gelê kan word nie.

“Dit sal niks deug om in afsondering na die situasie te kyk nie, want dit is belangrik dat ons alle faktore wat tot ons sesde plek op die puntelys bygedra het, moet identifiseer anders al ons mos nie weet wat ons moet regstel nie.”

Volgens Groewald moet Tuks se buitengewoon hoë beseringsyfer beslis as versagtende omstandighede dien.

“Die feit dat ons 24 van ons spelers in die loop van die reeks weens beserings verloor het, sal enige span se ritme en spelvloei benadeel. Ons het in ons sewe wedstryde van altesame 46 spelers gebruik gemaak, wat net wys hoe moeilik dit was om enige noemenswaardige kontuïniteit op te bou. In vergelyking is die ander deelnemers veel minder deur ernstige beserings ontwrig.”

Volgens Groenewald het die baie beserings FNB Tuks se gebrek aan genoeg spelbrekers ongelukkig tot op die been ontbloot.

“Ons sal met die oog op die reeks van 2011 baie hoër standaarde aan ons spelers moet begin stel sodat ons hulle sonder meer in dieselfde asem as byvoorbeeld dié van die FNB Maties en FNB Ikeys kan noem,” het hy aan varsitycup.co.za gesê.

“Ons het dalk genoeg ‘goeie’ spelers, maar waarna ons dringend op soek is, is net soveel ‘uitstaande’ spelers. In ons werwing en beplanning vir 2011 sal ons dus soveel hoër as in 2010 moet mik.”

Oor Tuks se laaste wedstryd in die 2010-reeks, het Groenewald gesê ondanks die nederlaag met 24-38 teen die Ikey-Tigers in Kaapstad “kon ‘n mens vir ‘n verandering sê dat die spelers baie guts gewys het”.

“Dit wil gedoen wees om vier drieë teen hulle op hul tuisveld te druk en ek kan sonder vrees van teenspraak sê dat dit ‘n stewige Tuks-vertoning was. Uiteindelik het die FNB Ikeys die sterk wind net soveel beter gebruik, veral ten opsigte van hul stelskopwerk,” het Groenewald bygevoeg.

FNB Tuks het maar min tyd om van hul FNB Varsitybeker-babalaas te herstel, want hul eerste wedstryd in die Blou Bulle se Carltonliga is reeds aanstaande Woensdag (24 Maart) op TuksRugby A teen die Naka Bulle.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment