Get Newsletter

Whitehead terug vir Shimlas

‘n Klompie beserings in die FNB Shimla-kamp het die afrigtingspan genoodsaak om vyf veranderinge (een daarvan takties) aan die 23-tal vir Maandag se halfeindstryd van die FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International – teen die Ikeys in Kaapstad, aan te bring.

Shimlas speel in sy eerste semifinaal en pak die Ikeys wat in hul derde agtereenvolgende tuis-halfeindstryd speel.

Losskakel Reinhardt Erwee het sy knieligamente beseer en sal vir baie lank uit wees. Sy plek op nommer tien word deur Franna du Toit ingeneem wat verlede week teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) sy eerste wedstryd van die reeks op heelagter begin het. Hy is ewe tuis op losskakel as heelagter, so die skuif behoort nie te ontwrigtend te wees nie.

George Whitehead is deur die Vrystaat se Vodacombekerspan aan Shimlas beskikbaar gestel om in die Nr.15-trui uit te draf.

Dis die enigste verandering onder die agterhoede.

Voorlangs het Willie Britz teen UJ ‘n harde hou teen die kop gekry en is weens harsingskudding onbekikbaar. Sy plek word deur Gerrit Theron ingeneem wat ‘n groot impak gemaak het toe hy Britz in die 37ste minuut vervang het.

Onder die plaasvervangers is daar twee veranderinge. Vaatjie Koorsen (stut) vervang Marcel van der Merwe wat ‘n harde hou teen sy kuit weg het en twee weke beseer is. Theron se plek op die plaasvervangerbank word deur Erik le Roux ingeneem wat sy debuut in die Varsitybeker maak.

Een van Maandag se kenmerke in die Shimlas-UJ-wedstryd was hoe Shimlas bykans elke keer ná UJ punte aangeteken het, dadelik terugggeslaan het.

Jaco Swanepoel, Shimla-afrigter sê dis ‘n eienskap van ‘n honger span. “Ek dink dis ‘n kenmerk van ‘n span wat graag die halfeindronde wou haal.

“Ons moes eenvoudig elke keer meer punte aanteken om seker te maak ons wen die wedstryd. Jy kan eintlik daarna verwys as ‘n wilsbesluit,” het hy bygevoeg aan varsitycup.co.za.

Hy sal hoop Shimlas kan daardie selfde veggees teen Ikeys toon.

Oor Groote Schuur se kenmerke stormsterk suidooste wind, sê Swanepoel die span berei voor asof daar ‘n wind gaan waai. “Ek hoop net nie die wind gaan die bepalende faktor wees nie. Ons hier in die Vrystaat is mos nie gewoond daaraan nie.”

* Shimlas kon in die drie jaar van die toernooi nog nie met Ikeys afreken nie. In 2008, het die Kapenaars 28-14 in George gewen en verlede jaar 23-20 in Kaapstad.

Vanjaar was dit so amper om Shimlas het geseëvier, maar ‘n strafdoel deur Doug Mallett in die laaste minuut van die openingswedstryd in Port Elizabeth het die telling 30-elk gelykop laat eindig.

Die FNB Shimlas span: 15 George Whitehead, 14 Jamba Ulengo, 13 Earl Snyman, 12 Wayne Stevens (kaptein), 11 Beast Ndwandwa, 10 Franna du Toit, 9 Gerrie Odendaal, 8 Boom Prinsloo, 7 Sybrand Mostert, 6 Gerrit Theron, 5 Wilken Heyns, 4 Joubert Horn, 3 Ian Potgieter, 2 Hans Grobler, 1 Charles Marais.
Plaasvervangers: 16 PW van Vuuren, 17 Vaatjie Koorsen, 18 Lebo Zietsman, 19 Erik le Roux, 20 Marlin Ruiters, 21 Johan van Schalkwyk, 22 Divandré Strydom, 23 Johnny Harris.

Hoofafrigter: Jaco Swanepoel

Datum: Maandag, 22 Maart
Plek: Groote Schuur
Afskop: 4.15nm (Regstreeks op SuperSport Een)
Skeidsregter: Ben Crouse

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment