Alberton se Orion wen
Die Blou Bulle het die jaarlikse onder-13 Noordelike Bondedag vir Laerskole die naweek by Midstream in Centurion aangebied.
Agt top skole het bymekaargekom om die kragspan in die Noorde vir 2012 oor drie rondtes te bepaal. Die krag teen krag beginsel is toegepas.
Die rugby was deurgaans van hoogstaande gehalte, en die meeste van die tellings was naby aan mekaar, wat 'n weerspieëling is van die kwaliteit van die verteenwoordigende skole. Kompeterend soos wat skole rugby deesdae ookal mag wees is dit kommerwekkend dat verskeie geel kaarte en rooi kaarte toegeken is gedurende die toernooi, die meeste daarvan teen Laerskool Florida.
Die uitlsae in die finale rondte was as volg:
Goede Hoop verslaan Van Riebeeckpark met 34-0 om die 7e plek
Magalieskruin verslaan Pietersburg-Oos 15-12 om die plaat kompetisie te wen.
Constantia Park verslaan Florida 27-17 om in die derde plek te eindig
Laerskool Orion verslaan Wierda Park in die finaal met 26-21 om as bonde kampioene die trofee en goue medaljes te ontvang.
Na wat verneem word het Orion, afkomstig van Brackenhurst in Alberton, vanjaar reeds met groot name soos Westville en Paarl Gimnasium afgereken in die St Benedict's Rugby Festival. Orion, wat vanjaar met ses Goue Leeus spelers spog, het seker die moeilikste pad tot in die finaal gehad nadat hulle eers Magalieskruin (plaatwenners) en toe die Bloubul kampioene Constantia Park (3rde plek) verslaan het. Constantia Park het in die semifinaal teen Orion gewys watter uitmuntende karakter hulle het deur die laaste ruk met slegs 14 spelers verbete te veg teen Orion, voor hulle uiteindelik die knie moes buig voor uithaler agterlynspel. Laerskool Orion, die enigste onoorwonne span van die toernooi, het deurgaans rugby van die hoogste kaliber gespeel teen 'n begeesterde Wierda Park om die finaal in die laaste minute met 26-21 te wen. Die pak voorspelers van Orion wat aan die klein kant was, het soos Trojane om besit van die bal geveg om goeie besit agterlangs te verskaf. Die twee kapteine is aangewys as spelers van die wedstryd.
Deur Raymond Coetzer