Cradock wen vir Hangklip
Saterdag 12 April 2014 op ‘n warm herfs dag, pak Cradock en Hangklip mekaar aan in ‘n opwindende en spanningsvolle rugby wedstryd te Queenstown, wat die besoekers 22-10 gewen het.
Soos die wedstryd begin het in die eerste helfte, so het die wedstryd ook ge-eindig, met harde genotvolle rugby vanaf beide spanne. Albei spanne het mooi aanvallende rugby gespeel en met rotsvaste verdediging het beide spanne gesukkel om punte aan te teken.
Cradock het in die eerste helfte punte aangeteken nadat die regter vleuel L Maso ‘n prag drie gaan druk het agv goeie bal hanteering van Cradock se agterlyn spelers. Telling 5-0 in Cradock se guns. ‘n Ruk daarna gaan druk Hangklip ‘n drie met ‘n baie mooi beweging om die skrum, telling 7-5 in Hangklip se guns. Na goeie spel gaan druk Cradock se vleuel S Bekebu ook ‘n drie, telling 10-7 in Cradock se guns.
Die tweede helfte begin ook met goeie spel van beide spanne. ‘n Strafskop word toegeken aan Hangklip wat die telling op 10 elk te staan bring. Die derde drie vir Cradock word gedruk deur S Mkolwana en word oorgeskop deur R.van Zyl, telling 17-10 in Cradock se guns. Met net omtrent 10 minute oor, gaan druk R van Zyl ‘n prag drie nadat D Stroebel met ‘n sterk lopie voorendag gekom het. Stroebel het ‘n skitterende aangee aan Van Zyl gegee het wat die drie gedruk het. 22-10 in Cradock se guns. Met die eindfluitjie kort daarna wen Cradock die opwindende wedstryd.