Diamantveld 'boer' voort!
Op Saterdag, 26 Mei 2012 het Hoërskool Diamantveld die Wolramme van Marlow in Kimberley verwelkom. Op 'n sonnige wintersdag het al die spanne gesorg vir harde en fisiese rugby met gemengde uitslae vir beide skole.
Diamantveld se eerste span het van die eerste oomblikke af aanvallende rugby gespeel en groot druk op Marlow geplaas, die halftyd telling 21-3 in Diamantveld se guns.
Met die begin van die tweede helfte het Diamantveld voortgebou op die goeie momentum van die eerste helfte en gereeld agter die doellyn van die boere gaan kuier.
Diamantveld wen die wedstryd oortuigend 52-10.
Puntemakers:
Vir Diamantveld:
Drieë: Jacqeus Nel , Granville Adams 2, Renaldo Abrahams 2, Henco Boshof, Hugo Strydom, Pieter Scholtz
Doelskoppe: Deon van Zyl 5, Curtley Kiewiet
Vir Marlow:
Drie: 1 (11)
Doelskop: 1 (11)
Strafdoel: 1 (11)