Get Newsletter

Die Hele Secunda Genooi

Hoërskool Secunda se 0/16 rugby span het die uitsonderlike prestasie behaal om komende naweek in die Beeld trofee se kwart-finaal te speel nadat hulle vir die derde jaar in ‘n ry as Pumas kampioene gekroon is.

Daar is 51 groot skole uit ses provinsies wat in die Beeld groot skole afdeling reeks deel neem. Secunda se span is dus een van die 8 beste spanne uit 51 O/16 spanne. Komende Saterdag speel hulle tuis teen die Blou Bulle streek se naas wenner – Hoërskool Overkruin van Pretoria.  

Ek vra weer baie mooi – kom ons as inwoners van Secunda staan saam en ruk op in groot getalle om hierdie span te ondersteun asb. Dit gaan nie meer hier oor watter skool jou kind in is nie maar gaan oor die Mpumalanga provinsie en ons dorp wat verteenwoordig word. In die wedstryd teen Oosterland was ek regtig trots op die dorp se inwoners oor die uitstekende bywoning.

Ons moet die tuisveld voordeel in ons guns gebruik en in massas opdaag asb. As ons wen is die semi-finaal op 17 Augustus 2013 weer op ons eie veld.

Nooi asb vriende, familie en kollegas – hoe lekker sal dit nie wees as ons as dorp en ons skool daai paviljoen Saterdag kan vol pak nie. Kom help asb om hierdie span van Secunda in die Beeld semi- finaal te kry.

Van Kobus Naudé

ADVERTISEMENT

Join free

The Antoine Dupont Interview

Ireland v New Zealand | Singapore Men's HSBC SVNS Final Highlights

New Zealand v Australia | Singapore Women's HSBC SVNS Final Highlights

Inter Services Championships | Royal Army Men v Royal Navy Men | Full Match Replay

Fresh Starts | Episode 3 | Cobus Reinach

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 11

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment