Finale in Pumaland
Afgelope Saterdag het die Pumas groot skool finale plaas gevind by die Hoërskool Standerton.
Die weer het baie mooi saam gespeel en vroeg reeds kon mens sien dat dit ‘n baie lekker Hoëveldse laat wintersdag gaan wees. Dit was wolkloos met net so ‘n effense byt in die lug. Later die oggend kon mens selfs van die baadjies ontslae raak in die wintersonnetjie.
Die eerste finaal was tussen die 0/14 spanne van Standerton en Ligbron gewees. Opmerkilk was die grote van party seuns in beide spanne en mens kon sien hierdie is regte plaasjapies. Spanne het baie goed teen mekaar opgeweeg en die uitslag was heeltyd in die weegskaal. Standerton was op die einde net te sterk gewees en wen die beker met ‘n telling van 8-0.
Daar was reeds lank uitgesien na die 0/15 finaal tussen die spanne van Hoërskool Secunda en Volksrust. Secunda se span wat bekend staan as die “Killers” was laasjaar die Pumas se 0/14 kampioen span. Volksrust daar in teen is vanjaar se Pukke 16 wenner gewees asook laasjaar die Pumas medium skole kampioen span. Hoërskool Volksrust het vanjaar opgeskuif groot skole liga toe. Die twee spanne het reeds vanjaar een keer teen mekaar gespeel in die Pukke reeks. Volksrust het toe met 17-15 gewen nadat Secunda al vyf hulle skoppe pale toe gemis het daardie dag. Secunda se span is ook intussen versterk met verskeie atlete wat vorige wedstryd gemis het weens SA atletiek verpligtinge.
Tafel was dus gedek vir ‘n groot stryd. Van die begin af het die hare behoorlik gewaai en daar was nie ‘n gebrek aan spanning en drama nie. Binne ‘n paar minute was Volksrust reeds met 10-3 voor. Eerste drie was ‘n oppertunistiese poging deur Volksrust se losskakel en kaptein, SW van Wyk. Hy het ‘n bal wat reg oor die lynstaan gegooi is opgeraap en ‘n goeie 20 meter genael vir ‘n goeie solo poging. Hy het ook toe self die drie verdoel.
Secunda het daarna stelselmatig al hoe meer in die wedstryd gekom en het begin gebieds voordeel geniet. Eddie Durrheim, Secunda se regter vleuel het ‘n puik wedstryd beleef en gaan druk kort voor rustyd in die regter kantse hoekie. Doelskop is mis en rustyd breek aan met Secunda wat voor loop 11-10. Tweede helfte was net so opwindend en toeskouers was op die punte van hulle stoele. Die telling het heeltyd wip plank gery. Righ Potgieter gaan druk Secunda se tweede drie en Secunda se losskakel Mark Jacobs verdoel die drie van die kantlyn af. Daar moet vermelding gemaak word van sy puik skopwerk pale toe. Hy het ook geslaag met 2 baie lang strafskoppe en hy was baie koel en kalm onder druk. Volksrust het die laaste paar minute verwoed aangeval en net desperate keer werk van die Killers se kant af het hulle weg gehou van die doel lyn af. Secunda wen die wedstryd welverdiend met 24-18 en verdedig hulle Pumas titel suksesvol.
Die 0/16 finaal was tussen die spanne van Standerton en Ligbron gewees. Hierdie wedstryd was vol hardloop rugby en beide spanne was bereid om die bal lug te gee. Daar is min teenvoeters vir spoed en veral Ligbron se agterlyn het groot vaart ten toon gestel. 2 driee aan Ligbron se kant het juis gekom van balle wat deur geskop is en dan het Ligbron se snellers te veel spoed gehad vir Standerton se verdediging.
Standerton se voorspelers het hard ingeklim en veral in die tweede helfte hulle span baie mooi terug gebring in die wedstryd. Op die einde was dit Ligbron se spoed in die agterlyn teen Standerton se krag in die voorspelers en Ligbron het net genoeg gedoen om die beker te wen met 31-25. Voorwaar ‘n puik wedstryd en goeie advertensie vir skole rugby gewees.
Om 12.10 het die hoof gereg vir die dag gewag. Lippe is af gelek vir die eerste span stryd tussen Ermelo en Standerton. Die twee spanne was al vanjaar slaags in die liga en toe het Ermelo gewen met 26-17.
Groot applous is gehoor toe Mnr Mark Lawrence sy verskyning gemaak het op die veld vir die hantering van die stryd. Hierdie wedstryd is teen ‘n lekker tempo gespeel en mens moet beslis melding maak van Mark Lawrence se hantering van die stryd. Hy het spel laat vloei en het beslis by gedra om van die wedstryd ‘n skouspel te maak. Ermelo het die stryd van meet af oorheers en hulle het met groter toewyding en passie gespeel. Voor in die koor was beslis hulle kaptein Wimar Arnoldi. Hierdie Pumas Cravenweek haker was uitstaande en was orals op die veld te sien. Dit het telkens ‘n paar Standerton spelers geverg om hom plat te trek en sy storm lopies het meters veld gewen vir Ermelo. Mens kon ook duidelik sien hoekom Ermelo se losskakel vanjaar die Pumas se nommer 10 op die Craven week was. Brandon Thomson het die wedstryd met sy skopvoet dikteer en Ermelo heeltyd op die aanval geplaas. Sy oordeel was skitterend en hierdie man kan behoorlik ‘n rugbybal sool ! Standerton se gevaarlike senter Donovan Gissing is met valk oë dop gehou en hy is nooit spasie en ruimte gegee nie. Daar was groot bekommernis laat in die wedstryd toe hy lank behandel is en die draagbaar selfs nader geroep is. Groot was die verligting toe hy wel self kon opstaan en verder speel. Ermelo wen die stryd redelik maklik met 38-13 en as daar ‘n man van die wedstryd was sou dit beslis Wimar Arnoldi gewees het.
Hierdie agt spanne gaan nou verder Mpumalanga verteenwoordig in die Beeld reeks wat die komende naweek begin.
Pumas finale:
0nder-14:
Standerton 8 Ligbron 0
0nder-15
Secunda 24 Volksrust 18
0nder-16
Ligbron 31 Standerton 25
Eerste span
Ermelo 38 Standerton 13
Deur Kobus Naudé