Get Newsletter

Framesby wen alweer

Vir die sesde keer vanaf 2009 het Framesby vir Nico Malan van Humansdorp gewen, hierdie keer 25-10 in Port Elizabeth.

Twee geelkaarte het die naweek 'n groot rol gespeel in die FNB Classic Clash rugbywedstryd tussen Framesby en Nico Malan, wat op Framesby se veld plaasgevind het.

Framesby het met 25-10 gewen nadat die tweede geelkaart die gang van die wedstryd verander het.

Nico Malan was met die rustyd met 10-3 voor nadat die eerste geelkaart Framesby duur gekos het.

In die eerste helfte het Framesby gebiedsvoordeel geniet, maar het sy spelers kanse om drieë te druk verspeel. Nico Malan het ook baie goed verdedig.

Na 22 minute in die eerste helfte is Framesby se skrumskakel, Rouché Nel, na herhaalde oortredings met 'n geelkaart gestraf.

Nico Malan het die situasie uitgebuit en twee driee net voor rustyd gedruk.

Vroeg in die tweede helfte het Nico Malan se een slot, Martin Pretorius, 'n geelkaart gekry.

Framesby het die geleentheid gebruik 10 punte aangeteken, die telling was 13-10 in Framesby se guns met Pretorius se terugkeer.

Dit het die nodige momentum aan Framesby verskaf om die wedstryd te beklink 25-10.

Puntemakers

Vir Framesby:

Drieë: Roche van Zyl, Dean Verwey, Mfundo Ndawo

Doelskoppe: Tiaan Stander 2

Strafdoele: Tiaan Stander 2

Vir Nico Malan:

Drieë: Alandré van Rooyen, Dean van der Westhuizen

Spanne

Framesby: 15 Jaquis Oosthuizen, 14 Jeanré Munro, 11 Mfundo Ndawo, 13 Tiaan Louwrens, 12 Malan Marais, 10 Tiaan Stander, 9 Rouché Nel , 8 Wikus van Rooyen, 7 Jurgens Viljoen, 6 SF Nieuwoudt (captain), 5 Wiehan Coetzer, 4 Wessel Strydom, 3 Roché van Zyl, 2 Gerhard van As, 1 Dean Verwey

Nico Malan: 15 Rushane Murray,  14 Aljoran Didloft, 11 Lourens van Zyl, 13 Dominik Uytenbogaart, 12 Jossie Nieuwoudt, 10 Armand de Lange, 9 Ruben Botha (captain), 8 Dean van der Westhuizen, 7 Willem Rautenbach, 6 Andries Jacobs, 5 Martin Pretorius, 4 Pieter-Steyl Swanepoel, 3 Peet Swiegers, 2 Alandré van Rooyen, 1 Pieter Moolman

ADVERTISEMENT

Join free

Boks Office | Episode 32 | How To Win Europe

Round 12 Highlights | PWR 2024/25

Bristol Bears vs Gloucester-Hartpury | PWR 2024/25 | Full Match Replay

Toshiba Brave Lupus Tokyo vs Kobelco Kobe Steelers | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match

Edinburgh vs Brython | Celtic Challenge 2024/25 | Match Highlights

Yokohama Canon Eagles vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Global Schools Challenge | Day 2 Replay

AUSTRALIA vs USA behind the scenes | HSBC SVNS Embedded | E04

Write A Comment