Glenwood wen in die Baai
Die wedstryd het begin met uitstekende rugby van beide hierdie top sole . Framesby het die eerste drie gedruk. Dit het gekom van 'n baie hoë hangskop waarna Jurgens Viljoen (7) gaan druk het. Wayne Moss (15) het verdoel.
Framesby was verseker die beste span op die aanval en Glenwood het hul doellyn met mening verdedig. Framesby het baie kanse gehad om punte aan te teken.
Toe Glenwood in Framesby se gebied kom toe teken hulle punte aan met 'n drie deur nr 10 Jerome Bosser wat sy eie drie ook verdoel het. Dit is toe ook die halftyd telling. 7-7.
Glenwood het die tweede helfte baie goed begin met nog 'n drie deur Bosser. 12-7 vir Glenwood 5min in tweede helfte. Glenwood se nr 8 Marco Palvie was 'n yster.Glenwood begin ook die skrums oorheers en Bosser sit nog 'n strafskop oor. 15-7 na 10min.
Framesby kry weer hand op die bal en Roelof Roodt (3) gaan druk vir Frameaby. 15-12 vir Glenwood na 15min.
Glenwood slaam terug met 'n skitter drie deur Palvie 22-12. Dit is skolerugby op sy beste.
Framesby val weer verwoed aan en Jurgens Viljoen druk sy tweede drie en nr 9 Louis Strydom verdoel. 22-19 na 22min. Glenwood slaan dadelik terug met 'n strafskop 25-19.
Dis die eindtelling.
Puntemakers
Vir Glenwood:
Drieë: Jerome Bosser 2, Marco Palvie
Doelskoppe: Jerome Bosser 2
Strafdiel: Jerome Bosser 2
Vir Framesby:
Drieë: Jurgenbs Viljoen 2, Roelof Roodt
Doelskoppe: Wayne Moss, Louis Strydom
Spanne
Framesby: 15 Wayne Moss, 14 Leslie Sharp, 13 Tiaan Louwrens, 12 Malan Marais (captain), 11 Julian Kleyn, 10 Keegan Tait, 9 Louis Strydom, 8 Ruben Pretorius, 7 Jurgens Viljoen, 6 Bernard McDonald, 5 William Duckitt, 4 Ruben le Roux, 3 Roelof Roodt, 2 Gerhard van Tonder, 1 Ruaan Watson
Glenwood: 15 Jaydon Morgan, 14 GJ Lubbe, 13 Martin Holtzhausen, 12 Hilton de Jager, 11 Devon Brough, 10 Jerome Bossr, 9 Craig Hunt, 8 Marco Palvie, 7 Nama Xaba (captain), 6 Austin Brummer, 5 Kwenzo Blose, 4 Dylan Weideman, 3 Barnard van Rooyen, 2 Quinton Vorster, 1 Khuthazani Mchunu
Van Christo Scriven