Home victory in Aliwal North
Aliwal North High School hosted Hoërskool Hangklip to an FNB Classic Clash on Saturday, but hospitality stopped short when it came to the gift of points for the home side beat the visitors from the other side of the mountain 27-7. The report comes from Aliwal North.
Dit was van die begin af ‘n harde wedstryd en beide spanne het hardlooprugby gespeel.
Die spanne het as gevolg van die hardlooprugby en swak hantering baie geskrum en dit het die wedstryd baie vertraag. Aliwal het baie swaar gekry in die skrums en die lynstane, maar was op die dag beter by die losskrums en losgemale. Aliwal het ook ten minste vier kanse verbrou, maar het twee baie goeie drieë net voor rustyd gedruk
In die tweede helfte het Hangklip die wind uitstekend gebruik en Aliwal in hul eie helfte vasgedruk. Hulle het ondanks geweldige druk van Hangklip, vasgebyt en baie goed verdedig , wat Hangklip weggehou het van Aliwal se doellyn.
Hangklip se enigste drie het gekom van ‘n skrum op Aliwal se doellyn en hulle het baie goed gedoen en onder die pale gedruk.
Eindtelling was 17-7 vir Hoërskool Aliwal-Noord.
Puntemakers
Vir Aliwal-Noord:
Drieë: Adrian Bornman, Altus Geldenhuys
Doelskoppe O’Ryan Blom 2 .
Strafdoel: O’Ryan Blom
Vir Hangklip:
Drie:: Lanthus Paul
Doelskop: Tian Smuts
Spanne
Aliwal-Noord: 15 O Blom, 14 A van Zyl, 13 A Dinga (captain), 12 A Bornman, 11 I de Bruyn, 10 D Jansen, 9 M Mdingi, 8 J Kruger, 7 H Zeelie, 6 J de Villiers, 5 R Basson, 4 A Geldenhuis, 3 S Xhegwana, 2 Z Mpalisa, 1 G Steenkamp
Hangklip: 15 D Williams, 14 L Peters, 13 Z Coetzee, 12 T Smuts, 11 B Fieldts, 10 J de Wet, 9 S Marais, 8 L Paul, 7 J van der Merwe, 6 G van der Watt, 5 P Myburgh, 4 M Nel, 3 R Mattheüs (captain), 2 F Voges, 1 J Barnes