Get Newsletter

Killers doen dit weer

Hoërskool Secunda se 0nder-15 rugby span het Saterdag weer die Pumas se groot skole trofee gewen. Hulle het HS Volksrust Saterdag op Standerton in ‘n taai stryd met 24-18 die loef afgesteek.

Daar was 11 groot skole 0/15 spanne wat aan Pumas liga deelgeneem het vanjaar. Hierdie span was ook laasjaar as 0/14 span die Pumas groot skole kampioene gewees. HS Volksrust was laasjaar die Pumas medium skole kampioen span en het daarna ook deurgegaan tot in die finaal van die Beeld trofee. Volksrust het vanjaar opgeskuif na die goot skole liga toe. Volksrust se 0/15 span is ook vanjaar se Pukke 16 wenners gewees.

Die span kry sy bynaam (Killers) van die Dawid en Goliat storie af. Hulle inspirasie put hulle uit hierdie Bybelverhaal uit. Hulle leuse is: Een man een span.

Die Killers se spel word gekenmerk deur hulle goeie samespel maar veral deur die spangees. Hulle speel as ‘n span saam en week na week is dit ‘n ander speler wat uitstaan en 'man of the match' is.

Span se spel draai nie net om enkele stêrre nie en as een speler nie beskikbaar is nie dan weet die res van die span steeds wat om te doen en wat van hulle verwag word.

Daar moet ook melding gemaak word van die ouers se betrokkenheid by hierdie span. Geen opoffering is te groot vir enige ouer van ‘n seun in hierdie span nie en daar word saam gewerk en saam gestaan om van hierdie span ‘n sukses te maak. Daar is baie goeie samewerking tussen die ouers en die afrigters om net die beste uit die seuns te haal.

Laastens maar nie die minste nie is die span werklik geseën met afrigters wat omgee vir die seuns en ‘n passie vir rugby het. Afrigters spandeer ure van hulle tyd met video analises en om net die beste voorbereiding vir die span te kry. Hulle gaan uit hulle pad uit vir die span en hanteer al die seuns of dit hulle eie seun is.

Hierdie span se prestasies in 2011:

Pukke 16 wenners

Wenners van Hoëveld liga

Pumas groot skole wenners

Beeld kwart eindronde

Gespeel: 16

Gewen: 14

Punte vir: 461

Punte teen: 97

Gemiddelde wen telling: 29-6

Hierdie span se prestasies in 2012:

Wenners van Laeveld liga (oor geskuif na ander been van Pumas liga)

Mauritz Hansen (Hansie) week wenners (20 0/15 spanne neem deel)

Pumas groot skole wenners (11 spanne in liga)

Gespeel: 16

Gewen: 15

Punte vir: 677

Punte teen: 112

Gemiddelde wen telling: 42-7

In 8 westryde vanjaar geen drie afgestaan nie

In 6 wedstryde geen punte afgestaan nie

*Wen teen HS Bergvlam van Nelspruit met 110-0.

In twee jaar: 32 gespeel en 29 gewen. Wen prestasie van 91%

Afrigters: Andries Labuschagne, Attie Rudolph

Hulp afrigter: Christo van der Merwe

Tegniese adviseur: Tommie Lottering

Span bestuurder: Kobus Naudé

Span: Edwin Smith, Christiaan Jacobs, Mark Jacobs, Christiaan Naude (onderkaptein), Dewald Gravett, Werner Myburgh, Phillip Bremner, Paul-Hendrik Els, George Weilbach, Brandon Wienand, Eddie Durrheim, Wian Louwrens, Tiaan Habig, Mphile Mazibuko, Johan van der Westhuizen, Suprize Nkambule, Coenie Deysel, Gerdus Kemp, Jan-Dirk Marx (kaptein), Handré Naude, Righ Potgieter, Dalton Smit, Peter St Ledger Denny, Stephan Kruger, Ettienne de Lange.

* Killers speel weer op 4 Augustus in Beeld kwarteind (teenstander moet nog bepaal word).

Deur Kobus Naudé

ADVERTISEMENT

Join free

Yokohama Canon Eagles vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Edinburgh vs Glasgow | Celtic Challenge 2024/25 | Match Highlights

Boks Office | Episode 31 | Investec Champions Cup Review

Global Schools Challenge | Day 2 Replay

The Backyard Bunch | The USA's Belmont Shore

AUSTRALIA vs USA behind the scenes | HSBC SVNS Embedded | E04

South Africa v France | HSBC SVNS Cape Town 2024 | Men's Final Match Highlights

Two Sides - Behind the scenes with the British & Irish Lions in South Africa | E01

Write A Comment