Klerksdorp klop Lichtenburg
In 'n spannende en harde wedstryd het KHS Saterdag met Lichtenburg klaargespeel tydens 'n FNB Classic Clash in Klerksdorp.
KHS het in die proses ses drieë gedruk om die eindtelling op 32-24 te staan te bring.
Beide spanne het goed verdedig en teen rustyd kon die wedstryd nog enige kant toe gaan, maar teen die einde het die KHS’ers hul staal gewys.
KHS se puntemakers was Marius Bakkes (vleuel), Wian Vosloo (slot), Ferdie Pretorius (slot). Paul Maluleke (vleuel), kaptein Jason Crafford (agsteman) en Andries Hattingh (heelagter). Hattingh het ook met enigste doelskop geslaag.
Die volgende Classic Clash tussen die twee skole vind volgende jaar op Lichtenburg plaas.
Lichtenburg: 15 Johan Claassen, 14 Ettiene van Tonder, 13 Mick Carroll, 12 Stefan van Vuuren, 11 Cobus van der Hoff, 10 CR Both, 9 Reynard Rall, 8 Marnus Senekal, 7 Johan Boshoff, 6 Christiaan Theart, 5 Erik van Zyl, 4 Arno Pienaar, 3 Henco Smit, 2 Willy Tarpley, 1 André Kotze
Replacements: 16 Wynand Steyn, 17 Arné Venter, 18 Janko Fourie, 19 Rudolph Schulenburg, 20 Van Zyl Jacobs, 21 JG Ten Cate, 22 Cobus Hamman, 23 Reagan Williams