Langenhoven vertrap Punt
Die eerstespan wedstryd het 14.00 plaasgevind. Dit was 'n baie mooi dag op Oudtshoorn en baie mense het opgedaag om die dag te ondersteun. Daar was verskeie kosstalletjies wat saam met die braaivleis geure bygedra het tot 'n baie lekker atmosfeer.
Voor die hoofwedstryd het Langenhoven se trompoppies opgetree, die onderskeie skole se diregente het met motors op die veld opgekom en daarna het die eerstespanne op veld opgestel en is hulle voorgestel aan die skole. Sjampanje nooitjies het toe 'n glasie geklink op die hoofwedstryd. Dit het alles bygedra tot die opbou na hoofwedstryd. Die eerstespanne het toe weer na hul kleedkamers beweeg en Langenhoven Gimnasium se Graad Agts 'n HK gedoen waarna die hoofwedstryd begin het.
Openingspunte was aangeteken deur ‘n strafskop van Stoffels en het dit opgevolg met nog 'n strafskop. Punt het teruggekom met 'n drie wat die telling toe 6-5 in Langenhoven se guns gemaak het. Langenhoven het toe vir 20 minute baie aanvallende rugby gespeel en die wedstryd oorheers met goeie spel.
In die tyd het Langenhoven dire driee gedruk, terwyl Punt nog een strafskop oorgeskop het, wat die halftyd telling 27-8 gemaak het.
Langenhoven het in die tweede helfte teen die wind gespeel en het baie strafskoppe afgestaan maar kon nooit regtig weer die spel van die eerste halfte lewer nie. Die tuis span het egter baie goed verdedig en Punt kon geen drie druk ten spyte van al die strafskoppe wat hulle gekry het nie.
Hulle wel nog een strafdoel in die tweede helfte aangeteken om die eindtelling te eindig op 27-11.
Telling makers:
Vir Langenhoven Gim:
Drieë: Shelvyn Dyssel, Ruan Steyn, Louis Nel
Doelskoppe: Whinrey Stoffels 3
Strafdoelle: Wyinrey Stoffels 2
Vir Punt:
Drie: Rynhardt Steers
Strafskoppe: Walter Baardman 2
Spanne:
Langenhoven Gimnasium: 15 Winrey Stoffel, 14 Louis Nel, 13 Grant Esau, 12 Selvyn Dyssel, 11 Branden Sinden, 10 Piet Keller, 9 Ruan Steyn, 8 Nevada Jacobs, 7 Wayne Pienaar, 6 Ruben Crous, 5 Gerhard Zondagh, 4 Chris Bester, 3 Christo Greyling, 2 Curtley de Laan, 1 Leona Ooosthuizen.
Replacements: 16 Max van den Bergh, 17 Henry Ben, 18 Juan Steyn, 19 Henlo Wentzel, 20 Micheal le Roux, 21 Duan Terblanche, 22 Herchelle le Roux.
HS Punt: TBC