Marlow gaan Oos
Marlow se eerstespan het teen Middellande Sekondêr van Middelburg gespeel en maklik 60-5 gewen.
Die eerste helfte is verkort na 25 minute en die tweede helfte was slegs 15 minute. Ons het voor die tyd met die skeidsregter gereël om nie die telling groter as 60 punte te laat word nie.
Marlow het verlede jaar besluit om een wedstryd prys te gee om teen voorheelbenadeelde skole in ons omgewing rugby te speel. Dit is gedoen om hierdie skole se rugby te laat ontwikkel en om uit te reik na die verskillende gemeenskappe.
Wat ons betref was dit 'n groot sukses en nuwe bande is gebou.
Daar het veertien wedstryde plaasgevind tussen Marlow, Aeroville, Middellande en Michausdal.
Die finale OP provinsiale proewe vind eerskomende Vrydag en Saterdag plaas in Graaff-Reinet. Marlow speel dus nie eerskomende naweek nie.
Ons volgende bepaling is teen Diamantveld op Marlow op 25 Mei 2013.
Deur Hennie Olivier