Get Newsletter

Marlow klop Brandwag op Uitenhage

Marlow klop Brandwag op Uitenhage!

Marlow het Saterdag, 12 April na Uitenhage gereis om rugby te speel teen Hoërskool Die Brandwag. Marlow het met nege spanne gespeel en ses van die wedstryde gewen.

Die 0/14A, 0/15A en B, 0/16 A en B, 4de -, 3 de -, 2de-en 1ste spanne was in aksie.

Saterdag was ’n warm dag op Uitenhage, maar al die spanne van beide skole het hulle beste gegee en pragtige rugby is gesien.

In die 1ste span wedstryd het die twee spanne goed teen mekaar opgeweeg.  Brandwag val verwoed aan en binne 15 minute is hulle 10-0 voor na twee goeie drieë. Marlow slaag met ’n strafskop kort voor rustyd. Na Brandwag afgeskop het, na hierdie strafskop, druk Marlow ’n skittered drie met pragtige spel tussen Luigy van Jaarsveld en Nelius van Heerden.  Die drie onder die pale word verdoel en rustyd is die telling dus gelykop 10 punte elk.

 Na rustyd domineer Marlow die eerste 20 minute met veral skitterende voorspelerspel waar elke speler sy kant bring.  Melding moet gemaak word van NJ Oostuizen wat skitterend hardloop met die bal en hy word dan ook beloon met ’n pragtige drie. Na 20 minute loop Marlow 27-10 voor, maar Die Brandwag kom met ’n uitstekende eindpoging en veral hulle agterlyn lyk elke keer gevaarlik as hulle begin hardloop. Hulle druk in hierdie tyd twee drieë om die telling te neem na 27-22.

Marlow slaag egter effektief om elke Brandwag aanval te stuit en wen dan ook die wedstryd 27-22.

Deur Derik Olivier

 

ADVERTISEMENT

Join free

Boks Office | Episode 27 | For The Love Of Rugby Part 1 of 2

France vs New Zealand | RWC 2023 Full Match Replay

England vs South Africa | RWC 2023 | Semi-Final | Replay

Two Sides | Episode One

Richard Cockerill | Unlocking Georgia's Potential

Tradition not redemption | Scotland v USA

Walk the Talk | Louis Rees-Zammit | The American Dream

Upcoming: Tonga vs USA live on RPTV - Sat, Nov 16th

Write A Comment