Mpumalanga skolerugby
Die afgelope Vrydag middag het die rugby spanne van Hoërskool Secunda die lang paadjie aan gepak Nelspruit toe. Hulle het Saterdag te staan gekom in die Pumas groot skole liga teen Hoërskool Bergvlam.
Die 0/14A spanne het mekaar eerste die stryd aangesê Saterdag oggend en die eind telling was 22-5 in Secunda se guns. Die tweede spanne was volgende aan die beurt en na ‘n klip harde taai wedstryd wen Secunda 19-12. Bergvlam het ongelukkig nie ‘n 0/16A span gehad om teen Secunda te speel nie en Secunda kry dus die liga punte.
Secunda se 0/16A span het egter steeds saam gegaan en ‘n vriedskaplike wedstryd gespeel teen Bergvlam se 3e span. Secunda wen die westryd met 54-0.
Daarna was dit die beurt van die 0/15 spanne gewees. Binne die eerste drie min het Secunda reeds twee drieë gaan druk en mens kon sien hier kom ‘n krieket telling. Rustyd was die telling reeds 56-0 in die guns van Secunda en dit was werklik net een rigting verkeer. Die tweede helfte het dit nie beter gegaan met Bergvlam nie en Secunda wen die wedstryd met 110-0. Hulle druk 16 drieë met 15 doelskoppe wat oor geskop is. Christiaan Naude teken 24 punte aan wat twee driee so wel as sewe doelskoppe insluit. Righ Potgieter teken 21 punte aan – 'n drie en agt doelskoppe. Mark Jacobs en Stefan Kruger druk beide elkeen drie drieë in die proses. Ander driee is gedruk deur Suprize Nkambule, Eddie Durrheim en Brandon Wienand wat elkeen twee keer agter die doellyn gaan kuier het en Christiaan Jacobs druk 'n drie. Slegs een drie is nie deur ‘n agterspeler gedruk nie wat wys dat hulle glo daar aan dat die bal deur die hande moet gaan.
Hierdie 0/15 span van Secunda staan die afgelope twee jaar bekend as die 'Killers' na aanleiding van die Bybel verhaal van Dawid en Goliat. Die span se leuse is: Een man, een span! Die span is ‘n spesiale groep talent volle seuns saam en word ook skitterend afgerig deur Mnr Andries Labuschagne en Mnr At Rudolph. Die span se tegniese adviseur is Mnr Tommie Lottering. Die span bestuurder is Mnr Kobus Naudé. Hulle is nog vanjaar onoorwonne in die Pumas liga en hulle het reeds 209 punte aangeteken en net 22 afgestaan. In die afgelope twee jaar het hierdie span 27 uit 30 wedstryde gewen.Hulle was laas jaar Pukke reeks kampioene, Hoëveld liga wenners asook Mpumalanga kampioene. Hulle kom Saterdag te staan teen die span wat hulle in verlede jaar se Pumas finaal geklop het, naamlik die Hoërskool Rob Ferreira van Witrivier. Dit beloof om ‘n baie interessante wedstryd te wees. Secunda het laas jaar die finaal met 20-7 gewen.
Die hoof wedstryd Saterdag tussen die eerste spanne was ‘n aanskoulike wedstryd. Secunda het eerste bloed geruik en was vroeg reeds met 12-0 voor. Die rustyd telling was 12-5 in Secunda se guns. In die tweede helfte het Bergvlam met mening terug gekom en was op ‘n stadium met 17-12 voor. Secunda het toe die gelykmakende drie gaan druk maar het misluk met die doelskop en met slegs minute oor voor die einde was die telling nog 17 elk. ‘n Strafskop het die uitslag van die wedstryd bepaal toe Secunda oortree het en Bergvlam kon pale toe korrel. Die skop was oor gewees en Bergvlam wen die wip plank stryd met 20-17.
Eerskomende naweek is dit die finale rondomtalie wedstryde in die Pumas groot skole liga voor dat die kwart eindstryde volgende naweek plaas vind.
Bepalings is as volg:
(Tuis spanne eerste genoem)
Secunda teen Rob Ferreira
Oosterland t Bergvlam
Hertzog t Lydenburg
Ligbron t Ermelo
Volksrust t Hoogenhout
* Standerton het ‘n loslootjie en het reeds sy beplaings voltooi.