Get Newsletter

Secunda is Kampioene

Die eerste span rugby finaal was tussen Hoërskool Secunda en Hoërskool Alberton wat beide gedurende die reeks onoorwonne was.

ADVERTISEMENT

Wedstryd het afgeskop in heerlike sonskyn weer. 'n Mens kon selfs sê dat dit eintlik baie warm was vir ‘n herfs agtermiddag.

 

Die begin van die wedstryd is oorheers deur Alberton wat heeltyd gebiedsvoordeel asook balbesit betref. Hulle kon egter nie deur die hardnekkige verdediging van Secunda dring nie en is telkemale in hulle voetspore gestuit.

Alberton het in die tyd baie min van hulle agterlyn gebruik gemaak en het met hulle voorspelers gespeel. Secunda se verdediging rondom die losgemale was egter rotsvas en miskien kon Alberton meer van hulle agterlyn gebruik gemaak het in die tyd wat dalk meer vrugte sou afgewerp het.

Die eerste punte in die wedstryd het eers na omtrent 25 minute gekom met ‘n strafskop deur Secunda se heelagter Tyrone Ferreira. Oomblikke daarna was die telling gelykop na ‘n strafskop deur Alberton.

Alberton het daarna weer verwoed aangeval en die keer van hulle agterlyn gebruik gemaak. Die heelagter het ‘n pragtige lyn gehardloop en ingesny waar hy groot vaart en spoed gewys het om die eerste drie van die wedstryd aan te teken. Die doelskop was oor en skielik was Alberton met 10-3 voor.

Kort voor rustyd was Secunda op die aanval en sy losskakel Larnus Steyn slaag met n goeie skepskop. 'n Mens het dalk op daai oomblik gevoel hy kon sy agterlyn gebruik het maar in die konteks van die wedstryd was dit egter ‘n baie, baie belangrike skepkop en goeie besluit deur die nr 10 wat vanjaar nou al verskeie skepskoppe mee geslaag het. Dit het nou al meer as een maal ‘n verskil gemaak in wedstryde. Hy was weer eens baie goed in die wedstryd met sy besluitneming en veral sy verdediging. Hy is beslis nie net daar vir sy skopskoen nie en plaas sy lyf elke keer op die spel met skitter verdediging.   

 

Die spanpraatjie halftyd deur Secunda se afrigters mnre JJ Hennop en George Matfield moes beslis die gewenste uitwerking gehad het of dalk was dit die koue lafenis van water op die warm dag want Secunda begin die tweede helfte met meer dringendheid.

Secunda teken dan ook die eerste punte van die tweede helfte aan toe hulle binne senter Nathan Carstens oorval net regs van die regter paal vir hulle eerste drie. Die doelskop deur Tyrone Ferreira was suksesvol gewees en die telling was toe 13-10 vir Secunda. Die telling het hierna wipplank gery en baie spannende wedstryd tot gevolg gehad.

ADVERTISEMENT

Alberton gaan druk toe weer nadat Secunda besluit het om van hulle eie doellyn af te hardloop met die bal en nie eerder te skop vir beter veld posisie nie. Die doelskop is onsuksesvol. 15-13 vir Alberton.

Secunda het meer balbesit gekry en speel in regte gebiede. Strafskop vir Secunda. Tyrone Ferreira is weer suksesvol. 16-15 vir Secunda.

 

17 min voor die einde van die wedstryd kom daar een van die drieë waaroor mens kan liries raak. Dis een van daardie drieë wat 'n mens lief maak vir die spel rugby en wat ‘n oupa een dag vir sy kleinkind van vertel as hulle daar op huis Herfsblaar se stoep sit en tee drink. Ek heg ‘n video clip aan om dit self te sien.

Secunda kry die bal in sy eie kwart gebied. Brandon Potgieter, die nr 6 flank ontvang die bal en hy wys verbysterende vaart en voorgevoel. Hy klop etlike verdedigers en hardloop baie vêr om een van die beste en mees aanskoulike individuele drieë te gaan druk. Alhoewel hy nou maar eers in Graad 11 is speel hy week na week skitter rugby en sy vaart en visie op die veld is ongelooflik. Man vir die toekoms! Die doelskop deur Tyrone Ferreira is weer suksesvol en skielik is Secunda met 23-15 voor en Alberton sal moet twee keer punte gaan aanteken vir ‘n wen.

Alles word gegee maar Secunda se verdediging hou. Secunda se voorspelers het beheer geneem in tweede helfte en die name van die haker Cobus Prinsloo en veral die agsteman Evan Wessels moet beslis genoem word in die verband. Evan Wessels is dan ook man van die wedstryd. Beide het die x-faktor en speel week na week briljant. Secunda het al die druk in die eerste helfte geabsorbeer met skitter verdediging en in tweede helfte beheer geneem. 'n Mens het gevoel gekry dat Secunda dalk net die meer fikser span was op die warm dag.  

Secunda wen die finaal met 23-15 en is steeds onoorwonne in 2017. Hulle was ook die Pumas groot skole naaswenners in 2016 asook die kampioene in 2015. Die span se resultate die afgelope drie seisoene is fenominaal. 

ADVERTISEMENT

Deur Kobus Naudé

Join free

Boks Office | Episode 32 | How To Win Europe

Round 12 Highlights | PWR 2024/25

Bristol Bears vs Gloucester-Hartpury | PWR 2024/25 | Full Match Replay

Toshiba Brave Lupus Tokyo vs Kobelco Kobe Steelers | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match

Edinburgh vs Brython | Celtic Challenge 2024/25 | Match Highlights

Yokohama Canon Eagles vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Global Schools Challenge | Day 2 Replay

AUSTRALIA vs USA behind the scenes | HSBC SVNS Embedded | E04

Write A Comment