Volkskool klop Union
Oudskoliere van regoor die land kom elke jaar om die interskole bytewoon. Die interskole strek oor die hele week met skaak, skiet, tennis, debat, golf en op Saterdag sluit dit af met die hokkie en rugby. Die skole speel albei met passie en die ondersteuning aan beide kante in ongelooflik.
Die eerste helfte het Volkskool die gebieds voordeel gehad en met goeie aanvallende spel vir hulself spasie en geleenthede geskep. Curtley Kameel het ‘n drie gedruk en JC Conradie het die skop waargeneem. JC Conradie het ook met ‘n strafskop pale toe geslaag. Volkskool was ook met 2 geelkaarte in die eerste helfte mee gestraf, wat Union se senter K Ansah die geleentheid gebied het om net voor halftyd te gaan druk. Die halftyd telling was 10 – 8 in Volkskool se guns.
Gedurende die tweede helfte het Union High die wind tot hul voordeel gebruik en baie druk op Volkskool geplaas. Union High het met ‘n strafskop en skepskop deur J Crankshaw geslaag. Volkskool het baie goed verdedig en in die laaste helfte van die tweede helfte goed aangeval en weer ‘n drie gedruk deur die kaptein Dirk Louw. Die eindtelling was 15–14 in Volkskool se guns.
Louw het gese:"Baie geluk aan elkeen van ons spelers wat deel gehad het aan die oorwinning. Dankie vir die Here wat ons gely het op die veld."
Deur Neil Schreuder
Scorers:
Vir Volkskool: TBC
Vir Union High: TBC