Get Newsletter

Voortrekker wen weer in Bethlehem

Voortrekker het tydens die afgelope Classic Clash Derby bevestig dat elke kind sy passie kan uitleef waar hy of sy ook al tuis voel. Vanaf die pawiljoene kon die ondersteuners hul mede-Trekkers aanmoedig met egte, spontane Trekkergees. Tradisie kweek Trekkertrots. Die optog het daarvan getuig, soos ook die Amper-Trekkertjies wat saam geesgevang het.

ADVERTISEMENT

Op die sportveld kon elke Trekker sy hart uitspeel, ongeag die telling. Goeie sportmanskap van beide skole was die wagwoord. Sprankelsport is gespeel en Bethlehem se twee hoërskole, wat o.a. in die Griffons-liga speel, het hul ondersteuners trots gemaak.

Voortrekker se Swarttruie stel die skare nie teleur nie. Halftyd is hul 18-3 voor en wen 51-3 teen Witteberg vir die negende agtereenvolgende jaar in die Classic Clash. Hulle word geborg deur New Vaal Motors. Hierdie span se kaptein is Tiaan van Zyl.

Vir die wenspan het Willie Naudé veral beïndruk. Hy is ook aangewys as die speler van die wedstryd.

Voortrekker se uitblinkers van die dag was Louis Viljoen, Willie Naude, Sakkie Mollentze en Michael Janse v Rensburg.

Puntemakers

Vir Bethlehem Voortrekker:

Drieë: Willie Naudé 3, Francois Klopper, Sakkie Mollentze, Jonathan Allison, Marco Labuschagne

Doelskoppe: Louis Viljoen 5

Strafskoppe: Louis Viljoen 2

ADVERTISEMENT

Vir Witteberg:

Strafdoel: George Spershott

Tellings van die dag (BVHS se telling eerste)

1ste span:  51-3.

2des: 25-20.

3des: 20-10.

4des: 26-5.  

o.16A: 20-5.  

o.16B: 17-7.  

o.15A: 27-12.

o.15B: 0-17.   

o.14A: 10-37.  

o.14B: 14-17

Sonder die ondersteuning van die onderskeie borge, groot en klein, sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie. Die belegging van FNB as hoofborg van die geleentheid, lewer baie dividende op. Die Bethlehem-gemeenskap het hul hande en hul harte vir skolesport oopgemaak. Ons is baie dankbaar. Ook die ondersteuners en oud-leerders van Voortrekker en Witteberg het van Derby 2016 'n dag gemaak wat lank in elkeen se gedagtes sal bly.

ADVERTISEMENT

Spanne:

Bethlehem Voortrekker: 15 Marco Labuschagne, 14 Pieter van Zyl, 13 Jonathan Allison, 12 Bertus Kleynhans, 11 Willie Naudé, 10 Louis Viljoen, 9 George Badenhorst, 8 Michael Janse van Rensburg, 7 Wessel van Huyssteen, 6 Sakkie Mollentze, 5 Regard Smalberger, 4 Hercu Breitenbach, 3 André Claase, 2 Tiaan van Zyl, 1 Francois Klopper

Plaasvervangers: 16 Evan van der Merwe, 17 Jean-Bertus Janse van Vuuren, 18 Jan Carel Rossouw, 19 Ruan van Niekerk, 20 Nico Charilaou, 21 Hanru Coetzee, 22 Hennie du Plessis

Witteberg: nie beskikbaar nie

 

Vanaf Bethlehem Voortrekker

Join free

Walk the Talk | Louis Rees-Zammit | The American Dream

Women’s Rugby World Cup 2025 - The Draw

Trailfinders Women vs Loughborough Lightning | Full Match Replay | PWR 2024/25

Canada v England | Highlights | WXV 1

New Zealand v France | Highlights | WXV 1

Italy v South Africa | Highlights | WXV 2

Next of Kin: Laamb

Chasing The Sun 2 | Episode 1

Write A Comment