Vryburgh vorder in Beeld
Op Saterdag, 27 Julie, was Hoërskool Vryburg se Onder-14'- en Onder-16'-rugbyspanne op Gert Lubbe betrokke in kwalifiserende wedstryde om die kwarteindronde van die Beeldtrofee te haal.
Die Onder-16s het teen Trinityhouse te staan gekom en wen die wedstryd met 19-15.
Die Onder-14s het teen Leeuwenhof gespeel. Die punte was tot enkele minute voor die einde van die wedstryd 5-5. Die besoekers uit Johannesburg het in die doodsnikke van die stryd 'n onderskepdrie gedruk. Hoërskool Vryburg se Onder-14-span se rugbyseisoen is dus kortgeknip met 'n oorwinning van 12-5 vir Leeuwenhof.
Hoërskool Vryburg se Onder-15s het as wenners van die Luiperdafdeling reeds gekwalifiseer vir die kwarteindronde.
Dit beteken dat twee van Hoërskool Vryburg se spanne, Onder-15 (teen Sasolburg) en Onder-16 (teen Delmas), volgende naweek vir die kwarteindrondes sal aantree.
Deur Charlotte van Heerden