Get Newsletter

Bastion maak weer so

Die spanne van Steinhoff Bastion het vanjaar wéér so gemaak en die eindstryde in eerste en tweede ligas van die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Steinhoff Koshuisliga, met 16-9 en 19-10 onderskeidelik, gewen. Sy eerstespan gaan nou in 2011 die UJ vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Steinhoff Koshuisrugby Championships verteenwoordig.

In die hoofwedstryd van die aand het die spanne van Steinhoff Bastion en Steinhoff Dromedaris mekaar, soos verlede jaar, die stryd aangesê.

Albei spanne het gemotiveerd gelyk toe hulle opdraf, maar moes gou ‘n ander manier kry om daardie positiewe energie te behou toe die wedstryd na net twee minute onderbreek is deur ‘n kragonderbreking in die stadion.

Steinhoff Bastion heelagter, Pusher Janse van Vuuren, was toe besig om pale toe te korrel na Steinhoff Drom se dissipline hulle al vroeg in die steek gelaat het.

“Ek dink dit het ons spel bietjie beïnvloed toe die ligte afgegaan het. Ons het daarna nie ge-‘pitch’ nie,” het Steinhoff Drom kaptein Viandre Erasmus gesê.

Marius Burger, kaptein van Steinhoff Bastion, sê die kragonderbreking het hulle glad nie benadeel nie. “Ons was van die begin af kalm en het kalm gebly toe die ligte af as,” het hy gesê.

Ongeveer 20 minute later is die problem opgelos gewees en Janse van Vuuren het nie verder tyd gemors nie en die bal tussen die pale geklits vir sy span se eerste punte. Juffrou Vermeulen het vroeg amok gemaak toe hy twee keer in die eerste paar minute deur die verdediging gebreek het.

Steinhoff Drom het weer oortree by die afbreekpunt om vir Jansen van Vuuren nog ‘n kans te gee om pale toe te mik. Hy was suksesvol met die skop en sy span was na net sewe minute se spel met 6-0 voor. Steinhoff Drom het daarna met ‘n skok agtergekom hulle sal moet begin rugby speel en het aanval op aanval geloots. Hulle kon egter nie afrond nie en moes tevrede wees met drie punte net voor halftyd. Windhond Moloi het dié skop deur die pale gejaag.

Steinhoff Drom het hulle momentum van die eerste helfte prober voortsit, maar ‘n paar moeë voorspelers wat oral oor die veld gestaan het, het dit nie maklik gemaak vir die agterspelers om goeie bal op die voorvoet te kry nie. Dit is juis hier waar Steinhoff Drom se eksperiment om vir Babaganoosh Ellis op vleuel in plaas van op flank te speel, hulle duur te staan gekom het. Hulle ket kraglopies deur ‘n groot losvoorspeler soos hy nodig gehad, maar hy het staan en tande tel aan die kant van die veld.

Die momentum is vining weer in Steinhoff Bastion se voordeel gedraai toe Hasbeen Redelinghuys ‘n puik beweging in die hoekie afgerond het. Jansen van Vuuren het die drie verdoel om aan sy span ‘n gemaklike voorsprong van tien punte te gee. Moloi kon vir Steinhoff Drom met net twee strafskoppe daarna slaag na Jansen van Vuuren met ‘n geelkaart van die veld gestuur is.

Steinhoff Drom se bestuur het toe nog ‘n groot fout gemaak deur onnodige verandering in die span aan te bring, veral na haker Baracuda Kampherbeek van die veld is. Babalas Bekker kon nie sy skoene vol staan nie en het veral gesukkel met sy ingooi werk by die lynstane waar hy nie een keer sy springers kon vind nie. Steinhoff Bastion se voorspelers het veral goed gedoen by die lynstane en het op een slag omtrent 30 meter met die bal gedryf.

Steinhoff Drom se beste kans om ‘n drie te druk was toe hulle met vyf minute se spel oor ‘n lynstaan vyf meter van die doelyn af aan hulle toegeken is. Bekker het die bal te ver oor sy springer gegooi en Steinhoff Bastion het die bal gesteel en die manne van Drom weer veld-af gejaag. Die laaste spyker in Steinhoff Drom se doodskis was ‘n skepskop deur Jansen van Vuuren in die laaste minuut van die eidstryd.

“Ons het van vroeg in die jaar af het ons in die laaste inute van die wedstryd verloor en ons wou dit nie weer vanaand doen nie. Die gees van die ouens het bygedra tot hierdie wen,” het ‘n baie trotse Burger oor sy span se oorwinning na die wedstryd gesê.

 Verrmeulen is as speler van die wedstryd aangewys. In die ander wedstryd van die aand het DFC vir Amajuba van die UJ se Bunting Road-kampus met 12-10 in die derde liga geklop.

* Na die eindstryde is die Steinhoff UJ Barbarian-span ook aangewys wat Donderdag, 23 September teen die Sharks se Akademiespan te staan gaan kom op die UJ Stadion.

Die span is: P. De Bruyn (Bas), A. Bophela (Bas), L. Mabenge (Oppierif), F. de Beer (Rugby Factory), P. van Tonder (Chiro’s), J. Grobler (Drom), A. Coetzee (Bas), B. van Heerden (Afslaan), T. van der Merwe (Bas), K. Nel (Chiro’s), T. Ratala (Bas), B. Verhoef (Bas), N. van Zyl (Bas), T. Mngadi (Drom), C. Jansen van Vuuren (Bas), D. Kampherbeek (Drom), E. Nel (Drom), C. Platt (Drom), L. Tshele (DFC), J. Meyer (Drom), P. Nxumalo (Afslaan), A. Vermeulen (Bas), B. Mosca (Rugby Factory), V. Erasmus (Drom), P. Meyer (Bas).

Deur Riaan Bam

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

Fresh Starts | Episode 1 | Will Skelton

ABBIE WARD: A BUMP IN THE ROAD

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 9

James Cook | The Big Jim Show | Full Episode

New Zealand victorious in TENSE final | Cathay/HSBC Sevens Day Three Men's Highlights

New Zealand crowned BACK-TO-BACK champions | Cathay/HSBC Sevens Day Three Women's Highlights

Japan Rugby League One | Bravelupus v Steelers | Full Match Replay

Write A Comment