Get Newsletter

Derde keer skeepsreg vir Sonop?

Die groot vraag wat môreaand (16 Februarie) beantwoord sal word, is of Sonop sy lank bekerdroogte kan breek nadat hy in 2007 (finaal), 2008 (semi-finaal) en verlede jaar (finaal) nog elke keer in die pylvak van Steinhoff se Tuks-uitklopliga gestruikel het.

Sonop speel in die 2010-eindstryd teen Mopanie, wat die verdedigende kampioene, Maroela, verlede week in die halfeindronde uitgeskakel het.

Piet de Jongh, Sonop se hoofafrigter, was suinig met sy kommetaar oor sy span se eindstrydkanse.

“Al wat ek met oortuiging wil en sal sê, is dat die Sonop-manne die passie het om te presteer omdat hulle ‘n koshuis met ‘n ryk tradisie van onder meer ‘een vir almal, almal vir een’ verteenwoordig.

“Dis dié eiesoortige karaker wat Sonop in die laaste agt minute van die semi-finaal staande gehou het toe ons net met 15-14 teen Boekenhout voorgeloop het en hulle die hele tyd op die aanval was,” het De Jongh bygevoeg.

Die eindstryd-bepalings:
16:30 – o.20 (Finaal: Plaat): Mopanie t Vividus 1 (TuksRugby B)
16:30 – 1stes (Finaal: Plaat): Taaibos t Kiaat (TuksRugby A)
17:45 – o.20 (Finaal: Beker): Vividus 2 t Hardekool (TuksRugby B)
17:45 – 1stes (Finaal: Beker): Mopanie t Sonop (TuksRugby A)

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment