Get Newsletter

Die Bloutrein: Dagbreek se span

Steinhoff Dagbreek se eerste rugbyspan staan bekend as die Bloutrein. Daar bestaan baie bespiegelinge oor die afkoms van die naam, maar een ding is verseker, die truie is blou en hy loop soos ‘n trein!

Dagbreek het verlede seisoen die Universiteit van Stellenbosch se Eerste Koshuis Liga gewen, en sodoende hul plek in vanjaar se Steinhoff Koshuisliga verseker.

Steinhoff Dagbreek het in 2008 in die eerste Varsity Cup die Koshuis beker gewen, en beoog om dieselfde te doen die jaar.

Hier volg net ‘n kort kykie na die wereld van Dagbreek:

DIE WÊRELD VAN DAGBREEK:
Wanneer jy by Dagbreek se voordeur instap, loop jy uit op ‘n groot vierkant wat bekend staan as die Quad. Dit is die kern van Dagreek se aktiwiteite en bestaan. In die middel staan die alombekende simbool. Dit is die eerste ding wat enigiemand sien wanneer hulle Dagbreek binnekom. Die simbool is die Eiffel.

DIE EIFFEL:
Wyd en syd word Dagbreek met die Eiffel, en die Eiffel met Dagbreek, geassosieer.

Dit is die amptelike simbool sedert Dagbreek weer ‘n volwaardige koshuis in 1971 geword het en pryk op die huiswapen. Ook is dit die naam van die derde rugbyspan en amptelike publikasies van die Huis.Die Eiffel het reeds lank voor die sewentigs betekenis vir die Huis van Roem en Faam gehad. Die oorspronklike Eiffel is deur Koos du Pisani gebou as deel van die vlotoptog van 1954. Dagbreek se voorstelling van die Franse Departement is aangewys as die beste inskrywing. Na die optog het die Eiffel ‘n ereplek in die middel van die Quad gekry. In 1958, onder leiding van Willie Esterhuyse, destydse primarius, is die model vervang met ‘n replika. Die huidige Eiffel is deur Roelf Hollenbach en Jan du Preez in 1962 gebou. Op die wapen pryk die Eiffel voor ‘n opkomende son. Die Eiffel staan vir die standvastigheid van Dagbreek en wys na die hemel. Dit dui op die strewe van elke Dagbreker om die hoogste in sy lewe te bereik.Die son is nie net simbolies van Dagbreek se naam nie. Dit is ‘n simbool van lig en is ‘n teken van die hoop en vertroue wat Dagbrekers in mekaar en ander het.

DIE KOSHUIS:
Die koshuis is gebou in ‘n vierkant. Dit bestaan uit sewentien seksies. Seksie een tot sewe vorm die Seniorhuis waar manne van derde jaar en hoër bly. Die Juniorhuis bestaan uit seksies agt tot agtien (seksie sestien is die eetsaal). Eerste- en tweedejaars bly hoofsaaklik in die Juniorhuis in dubbelkamers. Anders as by ander koshuise, is Dagbreek gebou in verskillende dele (of seksies) met vier kamers en ‘n badkamer per vloer. Hierdie boustyl het veroorsaak dat elke seksie ‘n unieke karakter en tradisies vorm.

Dis gebou in 1921, maar het slegs bestaan uit seksies 1 tot 7. Aan die begin het elke inwoner sy eie kos voorberei. Hierdie stelsel het egter nie baie goed gewerk nie en in 1925 is begin met die aanbou van seksies 8 tot 18. Die nuwe deel het ‘n eetsaal ingesluit. Daar is ook ‘n ontspanningsaal bo-op die huidige eetsaal. Hierdie saal is vernoem na twee vorige inwoners, naamlik Visser en Hollenbach, wat ‘n rekord vir tafeltennis daar opgestel het. Vandaar die naam Visholpark. Ander vertrekke sluit in ‘n TV-kamer, komiteekamer, gebedskamer, snoekerkamer en Argief. Vir die fiksheidsbewustes is daar ook ‘n volledig toegeruste gimnasium.

Deur Albert van der Merwe

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment