Die Bloutrein stoom voort
Dagbreek se Bloutrein het Vrydagmiddag hul vyfde agtereenvolgende wedstryd gewen – toe hulle met die span van Helderberg 28-12 af gereken het, nadat hul halftyd 11-6 voor was.
In ‘n klipharde stryd, was dit veral die Dagbreek voorspelers wat beindruk het, deur ver bo hul gewig te boks en die groter pak van Helderberg onder baie druk te plaas.
Die Dagbreek skrum was veral sterk en het die groot voorry van Hekderberg laat skaam kry deur twee vaskoppe te wen. Die goeie platform wat deur die Dagbreek skrum gestel was, het toegelaat dat hul regtervleuel Pieter Niewoudt in die hoekie gan afrond, dit na ‘n puik agterlynbeweging.
agbreek se losskakel John Uys het twee strafskoppe in die eerste helfte oorgesit om die telbord aan die rol te hou. Helderberg se enigste punte in die eerste helfte het gekom van twee strafskoppe. In die tweede helfte het Uys weer ‘n strafskop oorgesit, terwyl Helderberg se losskakel met twee van sy eie geantwoord het.
Dagbreek se linkervleuel Francois van der Merwe het ‘n Uys skop goed opgevolg en die Helderberg heelagter se verligtingsskop afgestorm. Die bal is deur Dagbreek se binnesenter, Jan de Wet op gepik en hy het onder die pale gan druk. Uys het die bal deur die pale gejaag om die telling 21-12 te maak. Na volgehoue druk in die Helderberg 22, het Niewoudt weer in die hoek gan druk na uistekende hande deur de Wet.
Helderberg het moedig probeer tot die eindfluitjie toe, maar die Dagbreek verdeging was rotsvas en die manne van die Huis van Roem en Faam het gewys hulle is reg om hul Sauer trofee te behou.
Deur Christo Viljoen