Get Newsletter

Die Kovsies Koshuisliga so ver

Terwyl Kovsie-studente nog op vakansie is, het varsitycup.co.za die eerste kwartaal se aksie in die Kovsies Steinhoff Koshuisliga in oënskou geneem.

Die liga neem weer op 24 Julie aanvang voor die eindstryd op 18 September beslis word.

Spelers plaas baie klem op koshuisrugby in die Vrystaat en Vrydagaand-wedstryde trek groot hoeveelheid toeskouers, meestal studente natuurlik.

So te sê al die spelers wat verlede kwartaal vir een van die universiteitspanne in aksie was, sal ná die intervarsity teen die Pukke (1 Augustus) vir hul koshuise beskikbaar wees.

Met slegs die uitsondering van die Vrystaat o.19- en o.21-span (wat meestal uit Kovsies bestaan) wat dan in die nasionale kompetisie deelneem.

Die eerste ronde van die koshuisliga, wat meestal in yskoue weer gespeel was, het vir goeie rugby gesorg met ’n groot opskudding of twee wat sake vir sommige spanne lelik deurmekaar gekrap het.

Heimat, tot verlede jaar nog as Reitz bekend, het aanvanklik in die kompetisie na die voorste span gelyk totdat hy in die laaste ronde teen JBM Hertzog vasgeval het.

Laasgenoemde is die enigste span wat nog nie teen ’n mede-koshuis span verloor het nie. Sy enigste nederlaag was teen die UV se sterk o.19-span wat slegs in die eerste ronde van die kompetisie deelneem.

Armentum, wat vroeër uitstekend in die Varsitybeker was, het gesukkel sonder sy topspelers en kon net een van sy vier wedstryde wen.

Hy is met agt ligapunte steeds in die prentjie en behoort ’n gedugte eenheid te wees wanneer sy vootste spelers terugkeer.

Vishuis, wat gesamentlik tweede op die punteleer lê, het nog nie tot sy reg gekom met die spelers tot sy beskikking nie.

Karee en Veritas (foto) is albei nog segeloos en sal vinnig op die wenpad wil kom as hul nog titel-aspirasies het.

Maar al die spanne het darem nog so twee weke se leeglê voor hulle weer die rugbytokse moet aantrek.

Kovsies Koshuisliga punteleer:
1. Heimat 5, 3, 15
2. Vishuis 4, 2, 12
3. JBM 4, 3, 12
4. Armentum 4, 1, 8
5. Karee 4, 0, 2
6. Veritas 4, 0, 1

Kovsies Koshuisliga top puntemakers:
Mindus Crous (Heimat) – 38 punte
Cobus van der Westhuizen (Vishuis) – 36
Jaco Carstens (Karee) – 25
Dries Ludeke (Vishuis) – 25
Roelof Joubert (JBM) – 22
Jannie Myburgh (Armentum) – 20

Kovsies Koshuisliga top drie-drukkers:
Dries Ludeke (Vishuis) – 5 drieë
Jaco Carstens (Karee) – 3
Pieter van der Berg (Heimat) – 3
Johan Bruno (Vishuis) – 3
Daniël Krynauw (Heimat) – 3

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Japan v USA | Extended Highlights | Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

Tonga v Fiji Extended Highlights Asahi Super Dry Pacific Nations Cup

South Africa Women vs Barbarians Women | Full Match Replay

Samoan ‘FREAK ATHLETE’ taking rugby by STORM | No Pads All Studs | Episode 2 Part 1

FILTHY tackles by Islander GIANTS in the PNC | No Pads All Studs | Episode 2 Part 2

Angleterre v France - Match de préparation au WXV - Replay du match

Boks Office | Episode 20 | All Blacks Preview

2024 Pacific Combine

Write A Comment